advertisement
Question
Posted by: Saggies | 2008/06/08

Insulien weerstandig

Ek is insulien weerstandig, telling was 19,6 (vastend) Die dokter het Glugophage 850 voorgeskryf, 1 keer per dag. Ek het egter op die internet gelees van Antagolin, kan ek dit saam met die glugophage drink. Kan mens se insulienvlakke weer te laag daal?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Saggies
Ek sal voorstel dat jy eers net die Glucophage 850 gebruik vir jou insulienweerstandigheid voordat jy Antagolin byvoeg. Dit is moontlik om jou insulienvlakke en bloedsuikervlakke te veel te verlaag wat negatiewe resultate kan veroorsaak (bewerasies, sweet, prikkelbaarheid, floutes en selfs koma). Wat egter meer belangrik is as die neem van 'n ekstra middel om insulien te verlaag, is dat jy die korrekte dieet volg. Hiervoor is dit essensieel dat jy 'n kliniese dieetkundige moet spreek (besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind). Die dieetkundige sal vir jou 'n individuele dieetvoorskrif gegrond op kosse met 'n lae glisemiese indeks (GI) uitwerk. Kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en 'Weight loss' en 'The Right Approach' en lees die artikels oor die GI. Daaglikse aërobiese oefening (flink stap, fietsry, swem of touspring) kan ook help om jou insulien te reguleer. Doen dus elke dag ten minste 30 min se oefening.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement