advertisement
Question
Posted by: Katryn | 2006/11/10

INSULIEN VASTEND: 13

Help asb. Ek het nou al soveel teenstrydige inligting gekry rondom insulienweerstandigheid. Ek weet om gewig te verloor moet jy jou glukose vlakke so stabiel moontlik hou en kosse eet met 'n lae GI. Die dieet van 'n dieetkundige maak voorsiening vir 6 koolhidrate. Terwyl 'n dieet van 'n voedingkundige aanbeveel dat die koolhidrate wat jy inneem eerder van groente en vrugte afkomstig moet wees aangesien dit geen noemenswaardige uitwerking op glukose vlakke het nie.
Dit is nou net hier waar die verwarring ontstaan. Wie is reg?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Katryn
Hou by die dieetkundige se raad. Dit is nie waar dat iemand met insulienweerstandigheid net groente en vrugte meot eet nie. Eerstens het sommige vrugte 'n hoe GI en moet dus versigtig geeet word, en tweedens is daar baie koolhidrate wat wel 'n lae GI het. As die dieetkundige vir jou 'n lae GI dieet uitgewerk het, gebruik dit en oefening om gewig te verloor en jou glukose- en insulienvlakke te beheer. Kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'Balanced diet' en lees die artikels oor die GI. Kliek ook op ‘Food as Medicine' op die 'Diet Site' en dan op ‘Type 2 diabetes'. Jy kan ook meer lees oor lae GI voedsels op die Webwerf van die 'Glycemic Index Foundation' by: www.gifoundation.co.za
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement