advertisement
Question
Posted by: Tilly | 2004/11/12

INSULIEN & CHOLESEROL

Bloedtoetse wat my ginekoloog laat neem het wys die volgende:
Glukose 5.6, Insulien 14.6, Cholesterol 5.64, TG 1.99P, LDL 3.81, HDL 0.91. Is hier enigsins rede tot kommer, want sy (Ginekoloog) het my verwys na Dieetkundige, maar het nie regtig vir my gesê wat fout is nie. Hulp sal waardeer word. Baie Dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Tilly, daar’s niks groots verkeerd nie, maar dit hang af of jy vastend was vir die toetse of nie. Laat weet my asb. as ‘n nuwe vraag en dan neem ons dit van daar. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: lise | 2004/11/14

Hier is solank 'n antwoord totdat die Dokter kan antwoord:

Totale Cholesterol behoort onder 5 te wees,
Triglisseriede (TG) behoort onder 2.2 te wees
LDL (slegte cholesterol) behoort onder 3 te wees
HDL (goeie cholesterol) behoort BO 0.9 te wees (dis goed as goeie cholesterol hoog is)

So jy kan self sien dat jou Totale cholesterol en LDL effens hoog is en die HDL op die grens is.

Die dieetkundige sal vir jou 'n gesonde eetplan uitwerk wat die LDL sal afbring en die HDL sal opbring. Dit sal kosse wees soos, baie groente en vrugte, omega 3 ryke vis soos makriel, haring, tuna, salm, vellose hoender en growwe vesel.

Omdat jou cholesterol nie ernsitg verhoog is nie, sal behandeling met medisyne nie nodig wees nie, en sal jy met 'n suksesvolle dieetaanpassing, gereelde oefen program (bv. 30-45 minute stap 4/5 keer per week), staak van rook(as jy rook) en matige alkohal inname(niks meer as 2 per dag en dit mag nie opgebou word na 'n naweek toe nie). Oefening is 'n baie goeie manier of die HDL te verhoog.

Dit is nou die regte tyd om op te tree,jy makeer nog niks met jou huidige cholesterol vlakke nie en as jy nou jou cholesterol onder beheer kan bring dan sal jy 'n hartaanval of ander hartsiektes in 10/20 jaar kan keer veral as jy ook 'n geskiedenis van hartaanvalle, angina ens in jou familie het sal dit baie wys wees.

Ek is nie seker oor die insulien nie, wag maar vir die dokter se antwoord.

Reply to lise

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement