advertisement
Question
Posted by: EKKE | 2004/09/23

INSTANT FAMILY

Hallo's ek het vandag 'n hele paar boodskappe op die forum gelees mbt stiefma wees en stiefkinders. Dit is ook binnekort my voorland! My aanstaande se dogtertjie is 3, amper 4, maar 'n regte bedorwe brokkie, kry haar sin in alles en regeer die wêreld bedoelende sy is baie veeleisend wat aandag aan betref. My eie twee is onderskeidelik 7 en 10 jaar oud en baie geheg aan my aanstaande, het hom ten volle aanvaar. Die probleem kom egter in wanneer die kleintjie kom kuier, ek is baie geheg aan haar en sy ook aan my en my twee kinders, maar ai, die onregverdigheid as dit by kinder kattekwaad kom en stories aandra, soos ek sê haar pappa bederf haar tot in die afgrond en wanneer hierdie kinder bakleiery inkom, maak nie saak wie skuldig is nie, sy kom altyd die beste daarvan af en my twee moet maar die spit afbyt. Dieselfde geld by disiplinne in die huis, alle reëls geld vir my twee, maar kleintjie kan maak en breek soos sy wil - dis mos nie regverdig nie? Dit skep 'n ongemaklike situasie tussen my en my kinders want hulle wil altyd weet hoekom mag die kleintjie dit doen en hulle nie ens. ens. Hoe hanteer ek die situasie, is 3 regtig nog te klein of is dit net 'n manier van die pa om disiplinne te omseil? Pa voel in haar ma se huis is daar nie reëls en riglyne nie en hoe kan hy dit elke naweek vir haar leer en toepas as dit gedurende die week nie deur die ma gedoen word nie. Ek voel reëls is 'n mate van sekuriteit soos bv. eet aan tafel, moenie in die huis hardloop of met 'n bal speel nie, 8 uur is bedtyd, kamer is aan die kant voor jy gaan slaap,moenie in die huis skreeu en gil nie, sulke tipe goed.... en as jy kattekwaad aangejaag het word 'n toepaslike straf uitgedink soos bv. as jy op die mure teken, jy maak dit skoon, as jy mors - jy maak dit skoon. RAAD SEBLIEF!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Hi Ekke,
I think you'll probably get a lot more responses to your query, after the long weekend, for which I think some folks hacve already left early ! Also check out the archive of this forum, as various aspects of step-parenting have been discussed before. it's really difficult not so much to deal with this child as a step-parent, but as an occasional step-parent, with someone else controlling the rules and discipline at other times, if I understand you correctly. When someone else is setting the rules, or has done so and they're still in force, you're in a more dificult position. But the child's father surely has to become far more involved in helping to sort this out ?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: lulu | 2004/09/27

Nee, toe nou nie. Ek stem heelhartig met jou saam, Johan. Selfs oor die objektiwiteit waar bloed betrokke is. Ek het my twee BAIE liewer as wat ek sy twee het, maar ek het hulle ook lief. In die begin het ek skuldig gevoel daaroor, maar ek besef nou dat dit veronderstel is om so te wees. Dit maak nie van my 'n slegte stiefma nie.

EKKE, as jy en haar pa nie kan saamstem oor die hantering van die kinders nie, sien ek maar swarigheid vir jou. Sorteer dit uit voordat julle trou...

Jou uitkyk is heeltemal reg. As die basiese reëls gestel is, moet dit vir almal geld. Hoe simpel is dit om te sê hy wil haar nie maniere leer nie want dit word anyway nie in die week toegepas nie??

My voorstel: Praat met Pappa. Maak eenvoudige reëls soos die wat jy voorstel en praat ook oor die gevolge as die reëls nie nagekom word nie. En ja, met liefde en geduld en verdraagsaamheid KAN dit oorwin word. :op

Reply to lulu
Posted by: J Johan | 2004/09/24

Hallo Ekke
Gaan probeer om nie te herhaal wat ek vroeer gese het nie. Dit bly 'n groot probleem as beide 'volwassenes' nie metmekaar kommunikeer en saamstem dat huisreels vir alle bewoners moet geld nie, ook die wat net naweke daar is. Verstaanbaar dat jou aanstaande se hart sag is en haar eerder wil bederf in die rukkies wat sy by julle is, maar dis nonsens dat hy haar voortrek/anders wil hanteer as die ander. Maar dis die groot probleem wat ek oorspronklik ook maar wou aanspreek, bitter min mense kan objektief wees as hul eie bloedkinders en stiefkinders ter sprake is, jy gaan altyd jou eie voortrek en beskerm. En al probeer hy objektief wees, is hy sekerlik bang sy sien nie meer uit om te kom kuier as dit nie meer 'lekker' is by julle nie. Sterkte vir jou, sy gaan nog vir die volgende 15 na 18 jaar die lewe vir jou onaangenaam maak. (Lulu gaan nou-Maandag altans- weer met my raas en vertel hoe liefde, geduld en verdraagsaamheid die probleempies oorwin)

Reply to J Johan

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement