advertisement
Question
Posted by: Basjan | 2008/08/12

Hulp met Swamme

Hi,

Ek het so twee weke gelede hulp gevra met " swamme"  op my penis...Dr Anrich Burger het voorgestel ek neem Diflucan 150mg en Apor room vir 10 dae. Ek het dit alles gedoen en die rooi is nog steeds teenwoordig op die glans en onder die voorvel.
Dit is nou al ' n hele jaar teenwoordig en ek het al gebruik: Canestan room, Medaspor, Kenacomb, Diflucan en Apor room. Dit het eenkeer so bietjie ontsteek en my huisdokter het Chloromex salf gegee wat die ontsteking binne drie dae opgeklaar het...dit was amper nog die naaste aan gesond wat dit was!
Die area is net bietjie rooi onder die vel en oor ' n deel van die glans - as ek net gewone Detol seep gebruik is dit amper die beste onder beheer. Ek begin nou wonder of dit ooit swamme is? Wat kan ek nog doen en wat is die regte dokter om nou te gaan sien?
Ek is regtig nou al so moedeloos met dit - kan dit ' n STD wees? Ek was nog nooit met ' n ander vrou deurmekaar behalwe my eie nie en die snaaks van die ding is dat dit glad oordra na haar nie...soos ek sê  dit is nou al ' n jaar. Sy het so twee weke gelede ' n papsmeer gehad en alles was normaal. Die " infeksie"  pla my glad nie (jeuk niks) en ek is die meeste van die tyd onbewus daarvan. Dis net as ek dit los (geen was of room vir ' n paar dae) dat dit erger word en later so effens opgehewe raak en ' n slym-agtige afskeiding maak - lyk soos semen.

Ek is in geheer van ' n groot fabriek (200 mense) - kan dit wees dat mens daar iewers op ' n plek aan iets kan vat (bv iemand groet) en so ' n keim optel wat daar gaan sit en groei soos ' n STD?

Baie dankie...

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Basjan
Gaan sien 'n dermatoloog - dit kan 'n tipe ekseem wees. Ek twyfel of dit 'n swam is as dit glad nie reageer op al die medisyne wat jy al gebruik het nie.
Sien http://dermnetnz.org/site-age-specific/balanitis.html
Jy kan dalk in die tussentyd 'n kombinasie van die Apor room en Stopitch room (2 keer 'n dag en dun aansmeer) gebruik op die area en kyk of dit help. Stopitch het bietjie kortisoon in.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: madri | 2009/02/14

geagte Dr Bets Breedt

Ek wil graag uit vind oor swamme en of daar enige medisyne van swamme gemaak is.

Reply to madri

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement