advertisement
Question
Posted by: Me | 2004/10/27

Hubby problems

My man het so 'n rukkie gelede saam met 'n vriend in kliënte se losie gaan rugby kyk en baie besope by die huis aangekom.Hy kon kwansuis nie onthou waar hulle na die tyd was nie, maar hulle was iewers in 'n 'club'. Ek ken al die 'manne-stories' en het maar nie verder uitgevra nie, alhoewel ek seker was die storie is nie baie waterdig nie.My man se vriend se vrou het egter bietjie meer speurwerk gedoen en die vriend het toe erken dat hulle by 'n 'strip-club' was. Ek het my man gekonfronteer en hy het steeds gesê dis nie waar nie, maar toe ek sê sy vriend het dit erken, toe was sy reaksie dat hy in elk geval te besope was en dat hy net onthou dit was 'n 'club' en nie of daar 'strippers' by die 'club' was nie!!! My reaksie was om te sê dat ek sidder om te dink wat hy dalk nog 'vergeet' het, as hy so iets nie kan onthou nie. Nou is ek natuurlik die 'agterdogtige, aaklige persoon wat hom van altyd van alles wat sleg is verdink'. Sulke goed pla my nie so baie nie, maar ek haat dit as hy vir my jok daaroor, want waaroor anders vertel hy ook leuens? En dan maak hy asof ek die verkeerde een is. Hy gaan gereeld met kliënte uit en kom baie keer laat in en ek moet dit maar aanvaar - die minste wat ek vra, is dat hy eerlik met my moet wees. Is ek verkeerd? Ons het 'n babatjie, so ek is maar die ene wat altyd tuis moet bly en kan hom dus nie in eie munt terugbetaal sodat hy kan voel, hoe dit voel om onseker te voel oor iemand se doen en late nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

,,,,,

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: qw | 2004/10/27

As jy eers begin wonder of hy jou die waarheid vertel of nie,is dit nie so n goeie ding nie...Ek en my man is altyd eerlik met mekaar,ek gee nie om as hy saam die" boys" gaan kuier nie,en net so gee hy ook nie om as ek en die vriendinne uitgaan nie (ja ek verstaan jy het n baba) sit en praat met hom....se vir hom as hy uitgaan kan jy ook en dat hy een keer n maand na baba sal kyk sodat jy ook kan uitgaa.

Onthou as daar nie "TRUST" in n verhouding of huwelik is nie,dan sal daar nooit wees nie. Jy moet hom kan vertou as hy uitgaan,en net so moet hy jou kan vertrou.

Hy het BESLIS nie reg gemaak om vir jou te jok!!!!! nie. En as hy so besope was dat hy nie kan onthou nie dink ek dan is dit n teken om op te hou drink...

Sterkte
qw

Reply to qw
Posted by: Snooks | 2004/10/27

Volgens my opinie is dit nie reg nie. Wat goed is vir die een is goed vir die ander een! Ek kan verstaan dat dit sy werk is maar hy moet ook weet waar om die streep te trek! Plig kom ook natuurlik voor plesier!

En dit is nie regverdig dat jy by die huis moet sit en hy kan kom en gaan soos hy wil nie! Begin dit met hom ook doen en glo my hy sal nie daarvan hou nie en gou besef hoe JY voel! En o ja los die babatjie by hom sodat hy volle verantwoording doen dan besef hy dalk meer waaroor dit gaan as net na 'n babatjie kyk!

Dit help nie om net die hele tyd te kla nie na 'n ruk dan begin hulle erg hardekwas raak en dink natuurlik jy is die heks in die verhaal!

Hoop vir die beste!

Reply to Snooks

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement