advertisement
Question
Posted by: Lala | 2007/08/23

Hou teen my neus

More Dr

Sjoe, ek het gisteraand so n harde hou teen my neus gekry (karate). My tande het eintlik gepyn. Vanoggend voel ek goor. My neus klop aanhoudend, ek het so n hoofpyn, my tande het daai jukkerige gevoel en my hele gesig voel net styf. My neus is ook so geblok, ek kan dit nie eens blaas nie. Dis te seer om enige druk op my neus te plaas. Kan nie eens my neus n bietjie beweeg nie. Wat kan ek gebruik dat dit gou sal beter word? Ek het nou n sinuspil gedrink, maar die ding is pille maak my vreeslik lomerig. Selfs een Panado laat my slaap.

Enige raad sal welkom wees. Baie dankie!!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lala
Is die neus nie gebreek nie? Probeer anti-inflammatoriese pille soos Brufen, Neurofen of Voltaren. Sit ys op die neus vir die swelling. As die neus so krap geluid maak binne in as jy daar aan vat is daar dalk 'n fraktuur. Dan moet jy 'n dokter sien om dit net mooi in posisie te spalk anders loop jy met 'n skewe neus en chroniese sinusprobleme!

Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Lala | 2007/08/23

Skuus Dr.

Ek het nou probeer om my neus n bietjie te druk, maar nie hard nie. En dit voel soos borreltjies wat bars. Dan begin my neus eers te klop, maar na n rukkie voel dit beter... Ek neem Saterdag aan n kompetisie deel en is net bang ek word per ongeluk weer daar geslaan. Is daar enige vinnige herstel hiervoor?

Reply to Lala

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement