advertisement
Question
Posted by: Anon | 2008/07/04

Hormoon Probleme??

Dokter ek hoop u het vir my raad. Ek is 'n 22jarige en was gister by 'n ginekoloog en voel onseker oor wat hy gesê het, en wil u mening oor dit hê.

Eerstens wil ek net 'n bietjie agtergrond oor myself gee; ek was op 17jarige ouderdom by hom omdat ek nie 'n normale menstruele siklus gehad het nie, om die waarheid te sê ekt soms glad nie gemenstrueer nie. Hy het my toe op op Ginette gesit wat gewerk het. Ek het wel na 'n jaar (2004) op Yasmin gegaan, en dit het uitstekend vir my gewerk tot onlangs toe. Ek het so 3maande terug weer onreelmatig begin menstrueer. Ek het laasmaand 'n week vroeër begin menstrueer en vir 11dae lank, eers net min en toe baie ( toe ek eintlik moes begin het). Ekt 'n week terug ook baie emosioneel en geiriteerd begin raak, sonder rede.

Ek is oorgewig en moet 10kg verloor, maar ek doen alles in my vermoë (stap/draf 20min op die treadmill, ry 10min fiets in die gym in die oggend en laatmiddag stap ek en 'n vriendin 3km, ek is al vir 6weke op 'n proteien dieet-wat my voorheen (omtrent 18maande terug) gehelp het om 28kg te verloor.) maar sukkel om gewig te verloor, en wil nou vir die eerste keer in my lewe my doelgewig bereik aangesien ek vreeslik gemotiveerd is.

Ek gebruik geen ander medikasie nie behalwe die Yasmin, Reduvit en Vitamag. Ek is nie seksueel aktief nie.

Hy het my glad nie ondersoek nie, net 'n sonar bo-op my maag en gesê ek moet Yasmin los vir 'n paar maande sodra ek weer begin menstrueer en dan sal ons weer kyk hoe gaan dit. Hy het ook bloed laat trek vir toetse, eers huiwerig maar toe om my gerus te laat stel;

• THS4 (skildklier)
• E2 (estrogeen, alhoewel hy sê dit gaan moeilik wees a.g.v. die Yasmin wat ek gebruik)

(Ek hoop ek is korrek met bogenoemde.)

Het hy alles in sy vermoë gedoen om te kyk wat die probleem is? Moet ek vir 'n tweede opinie gaan? Wat kan die probleem wees?

Baie dankie vir u tyd en raad.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageGynaeDoc

Like LL, I think that PCOS is a possibility. It is always more difficult to assess this when on the Pill, as this affects hormone levels. I would agree that it might be a good idea to stop the Pill for a few months and then have hormone tests as well as an internal scan for PCOS.

Best wishes

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: jackey | 2008/11/10

ek het vir 5 jaar tamoxifon vir borskanker gebruik en so 3 weke terug het ek my pille gestop want my 5 jaar is verby, my siklus was elke 28 dae vir die afgelope 3 jaar en nou het ek bloeding 10 dae voor my vlg 28ste dag het dit iets met dit tedoen? ek is 38 jaar oud

Reply to jackey
Posted by: LL | 2008/07/04

Dit kan moontlik wees dat jy polisistiese ovariums het (PCOS). Dit gaan gepaard met onreelmatige siklus tot geen omrede geen ovulasie plaasvind nie maw die eiertjie bars nie los nie en bly in die follicle so dit maak sulke klomp wit balletjies op die skerm. Jou gynae moet 'n inwendige ondersoek doen om dit op te tel. Dit gaan ook gepaard met gewigsprobleme, aknee/puisies, insulien resistance, vlekke op die vel, haririg ens. As jy PCOS het sukkel mens verskriklik om gewig te verloor, maar dit sal stadig maar seker af kom.

Ek i s 25jr oud en het dit al van die begin af, is eers gediagnoseer toe ek 21 was. Dan sit hul jou op 'n pil sodat jy menstrueer, want vanself sal dit nie noodwendig weer regkom nie met die probleem nie. Hul trek bloed om te kyk vir die insulien resistance, party het dit en ander nie. Dan gee hul jou glucophage / merformin om die vlakke af te bring, dit werk vir party vir gewigsverlies ook maar nie vir almal nie. Dit het my net naar gemaak en ekt dit gelos en reguleer my vlakke self deur lae GI dieet.

Ek hoop dit help.

Reply to LL

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement