advertisement
Question
Posted by: Marnè | 2005/07/10

Hoofpyn<br>Hoofpyn

Hi Doc,
Ek kry elke maand die aakligste hoofpyn. Ek was al by 'n genikoloog, GP, maar is nou raad-op. Ek het al elke pil op die mark probeer, tot Maxalts, is ook al 'n paar keer ingespuit deur die GP. Is daar enige raad? Die pyn is so erg dat dit voel om teen 'n muur vas te hardloop met my kop eerste. Help asseblief!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHeadache expert

Beste Marne,

Die groot meerderheid leiers aan maandlikse hoofpyn het normale hormoonvlakke. As dit nie so was nie, dan sou u siklus nie gereeld gewees het nie. Die problem is gewoonweg nie met die hormone nie, maar in die manier wat u liggaam reageer op die normale fluktuasies in die estrogeen en progesteroon vlakke, en dit moet vasgestel word hoekom u liggaam so reageer.

Pille is ook nie die antwoord nie, want as hulle help, is dit net wanneer die pyn al klaar daar is. En in die geval van hoofpyn, veroorsaak die pynpille n toestand met die naam “terugslag hoofpyn”, waar die pille self die hoofpyn erger maak. Dit gebeur dikwels as die pynpille op n gereelde basis gebruik is.

Die antwoord is om vas te stel hoekom u liggaam so reageer op die normale hormoon veranderinge. Dit is belangrik dat u eers n mediese ondersoek laat doen, om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn. Gelukkig, in die groot meerderheid hoofpynleiers is dit nie die geval nie. As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. On dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer. Daar is altyd n raad – ons moet net seker maak dat ons in die regte plek soek!

Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 0861 678 911.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Ondervinding van Hoofpyn... | 2005/07/12

Marne

Ek hoop die hoofpyne gaan jou een of ander tyd los.

Kan terloops net aan jou noem, dat ek maandeliks ook 'gekasty' word deur hoofpyne - ek het egter agtergekom dat sinusitus 'n groot bydraende faktor in my lewe was.
Soms het ek so siek geword, dat ek glad nie kon bestuur nie - toe my geneesheer die sinus aanspreek, het die intensiteit van die hoofpyne afgeneem en dit gaan stukke beter.
Ek kry steeds hoofpyn maar dit gaan stukke beter en ek kan dit nou hanteer en beheer.
Spanning het ook my hoofpyne vererger en ek hoop dat die slim dokter se raad jou baie gaan help.

Reply to Ondervinding van Hoofpyn...

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement