advertisement
Question
Posted by: Edna | 2007/07/31

Hoofpyne

Ek werk daagliks onder geweldig baie stres. Dit is ongelukkig omstandighede wat nie sal verander nie. Die probleem is dat ek elke dag opstaan met 'n hoofpyn, so deur die dag gaan en daarmee gaan slaap. By tye, en nou baie meer gereeld as voorheen, skakel dit om in migraine. Gewoonlik het migrils gehelp, maar deesdae ook nie meer nie.

Kan u dalk aan my iets aanbeveel wat ek kan gebruik vir spanningshoofpyne wat nie verslawend is nie.

Enige raad is welkom.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Edna
Gaan fisioterapeut toe en laat sy vir jou oefening gee om die spiere na die kop toe ( in die nek en bo rug) te leer ontspan - dis eintlik al wat gaan help. Pille onderdruk net die pyn. Ek vind nogal dat roei in die gym vir my baie help veral as ek baie op die rekenaar moes werk.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Karin | 2007/08/01

Na 10 jaar van geweldige migraines het ek Maxalt Wafers ontdek. Jy sit 'n pilletjie onder jou tong en 'n halfuur later is jou migraine weg. As dit nie werk nie, is dit nie migraine wat jy het nie. Dit is al wat nog ooit vir my gewerk het en ek het dit eers aan die begin van hierdie jaar ontdek. Sterkte!!

Reply to Karin

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement