advertisement
Question
Posted by: sandy | 2007/05/07

hondjie lelike vel

ons jackrussel gekruis met 'n steekbaardjie het 'n probleemvelletjie bo op haar agterlyf ons gooi olie oor haar kossies en bad haar gereeld en vryf haar in met 'n goeie pienk salf. Maar dit werk nie, dit begin nou swart raak en onder op haar beentjies is sy bloedrooi ek dink dis vlooie waarvoor sy allergies nie, maar ek kan haar nie behandel vir vlooie nie oor die sensetiewe vel. Jul raad word baie waardeer.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Ja dit klink soos vlooi probleme. U sal die vlooie onder beheer moet kry om die vel probleem ondeer beheer te kry. U veearts het middels wat goed sal werk sonder om die vel te irriteer.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/07/20

Ek het 'n Jack Russel gekruis met 'n bokkiehond. Sy is bitter klein en krap aanhoudend. Wat kan dit wees? en wat kan ek daaraan doen?

Reply to Anonymous
Posted by: sandy | 2007/05/07

dankie Corne ek dink om haar by die veearts uit te kry is die heel eerste ding wat nou gedoen moet word. My arme diertjie. Iemand het een keer vir my gesê dit kan 'n verstopte klier wees. en dat cortisoon inspuiting op die lange duur is nie goed nie. ag maar eks desperaat. ek het ook al vir haar vets choice for sensetive skin gekry maar sy weier om daardie pellets te eet.

Reply to sandy
Posted by: Corné | 2007/05/07

Selfde probleem met my Beagle.
Vandat sy op Hill's Science Diet se kos is vir Sensitive Skin is sy BAIE beter.
Vlooibeheer is van kardinale beland, begin met 'n Capstar tablet en volg op met Frontline "top spot" in haar nekkie/skouerblaaie, dis net 'n paar druppeltjies. Selfs Programme sal help, maar dit maak net die vlooie steriel nie dood nie.
Sy mag ook dalk 'n kortisoon inspuiting nodig he?
Miskien is dit die moeite werd om jou hondjie veearts toe te vat vir 'n vel skraap om die rede vir die juk uit te vind?

Reply to Corné
Posted by: sandy | 2007/05/07

ag dankie vir jul raad. Ek sal dadelik aan die werk spring.
Lekker dag vir julle!!

Reply to sandy
Posted by: Spot-the-spot | 2007/05/07

Hi, My ma het ook 'n Jack Russel steekbaard mixie - hy het ook die rooi uitslag gekry. Dit lyk amper soos 'n tipe ekseem. Sy het Zambuk salf opgetik een/twee maal per dag en dit het binne 'n paar dae opgeklaar - sy moet af en toe dit nog doen elke keer as die uitslag terugkom. Niks anders wat sy probeer het het gewerk nie. Ek het opgemerk dat nogal baie Foxterrier/Jack Russel tipe honde dit kry op die wit dele.

Sterkte!

Reply to Spot-the-spot
Posted by: Luna | 2007/05/07

Ek het 'n chow met so sensitiewe vel en bad haar in 'n mengsel van Tea Tree oil shampoo en Hylyt shampoo. Jy kry dit by die veearts. Dan kry sy elke oggend 5ml efazol, ook wat jy by die veeats kry, Vir Vlooie kan jy seker vir haar 'n piil gee, kan nou net nie die naam onthou nie, maar die Tea tree shampoo hou vlooie ook weg, maar dit alleen is nie genoeg nie. My Suster se Jack Russel is op Hills blokkies, en van hy die kos kry is sy vel ook beter. Ek hoop dit sal help

Reply to Luna

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement