advertisement
Question
Posted by: Al | 2008/01/28

Honde wette

Ek weet nie of iemand my hier kan help nie. Ek het saterdag met my hond gaan stap. Een huis waarby ek verby gestap het se hekke was oop en die man se hond het my hond aangeval. Na 'n lang en uitputtende keerdery het iemand my kom help en die hond weer by sy jaard laat ingaan. Die einaar van die hond het net die hek toegemaak en weggestap. my hond was aan die keel gebyt en gelukkig nie stukkend nie.

Toe ek terugstap, kruip daai selfde hond onder deur die draad en hardloop weer op my af. ek het hard gegil om hulp. Ek het op die einaar gegil en gesê hy moet sy hond in die jaard hou en sy drade laat regmaak. Hy sê dit is my skuld dat sy hond my hond aangeval het en ek kon 'n ander roete gestap het. Ek het vir hom gesê sy hond is aggresief en kan 'n kind byt. Hy het gesê dit sal nie help hy maak die gate toe nie, want die hond spring elkgeval oor.

Is daar wette wat mens kan voorlê. Die man is nalatig! Hy wou weet moet hy MY nou gelukkig hou en mure om sy huis sit.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

U kan die DBV nader vir hulp.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/04/07

hello Ons hond het my vriending in my erf gebyt. Sy het geweet die hond byt en die dag van die voorval het ons vergeet die dat die hond nie agter in die erf toe was nie. sy het n dagvaaring in gesit teen ons huis versekering maar het gelieg op hom en gese sy het nie geweet die hond byt nie. Ons soek hulp op die geval asb as iemand ons kan raad gee asb

Reply to Anonymous
Posted by: WR | 2008/01/29

Just a little note: Like Chill said - the worst thing to do when dogs are fighting is to scream. If you see a dog running towards you - pretend to pick up a stone/rock - most dogs know what it means when a human bends down to pick up a stone - and I have done this many times - Not throwing the stones at the dogs, but just acting - the mere act in itself tends to stop most dogs.

Ciao!

Reply to WR
Posted by: Sindi | 2008/01/29

Al, presies dieselfde ding het met my gebeur. Ek het met my hond gaan stap, aan n leiband, en ons het verby n huis gestap waar n man in sy garage besig was en sy Alsatian het by hom gele. Ewe skielik hardloop die hond op ons af. Ek het alles in my vermoe gedoen om die hond van my hond af te kry dat hy selfs vir my ook gegaan het. Die man het in sy garage gestaan en vir ons gekyk. Uiteindelik het iemand van agter af gekom en my kom help, maar my hond was op 4 plekke stukkend gebyt. Dit was verskriklik!!!! Ek het haar huistoe geneem en dadelik veearts toe gevat. Hulle het haar vir 2 dae daar gehou omdat haar wonde so sleg was. Ek en my man het na die man se huis gestap en gese dat hulle asb die rekening van die veearts sal betaal. Sy vrou vat toe n kans en se dat my hond nie op n leiband was nie. Sy was, maar sy het dit uit my hand geruk toe sy die hond op haar sien afkom. Hulle het eers ingestem om die rekening te betaal en gese dat dit nie die eerste keer is dat haar hond iemand aanval nie, maar dis die eerste keer dat dit n hond is, die ander 4 KERE WAS DIT KINDERS!!!!!!! Kan jy glo. Ek het ook die SPCA gebel en wat hulle met die mense gemaak het weet ek nie, hulle het intussen uit die buurt getrek. Ons kon hulle gelukkig opspoor en het daarop aangedring dat hulle die rekening van die veearts betaal. Hulle het gese hulle sal die helfte betaal en ons het dit nie aanvaar nie. Ek is gelukkig genoeg om n Polisieman in die familie te he en het hom gevra om by hulle n draai te maak. Hulle het op die ou end die volle rekening betaal.

Moenie dat hulle hiermee wegkom nie. Dis reg, my mag stap waar jy wil. As sy hond uit sy erf uit hardloop en jou aanval in die straat is hy aanspreeklik daarvoor!! Ek stel ook voor jy -|- ak die SPCA EN die Polisie so gou moontlik!!

Sterkte, laat weet ons hoe dit gaan.

Reply to Sindi
Posted by: Chill | 2008/01/28

Die man is verkeerd. Jy het die reg om met of sonder hond in enige openbare straat te loop sonder om aangeval te word, en die ou is verplig om sy hond binne sy eiendom te hou. Gaan polisiestasie toe en rapporteer dit, sowel as die man se reaksie. Jou munisipaliteit het dalk ook 'n afdeling wat hieroor gaan - kyk bietjie in jou telefoonboek of jy 'n nommer kry vir 'dog complaints'.

Terloops - ek weet dis baie skrikwekkend, maar om te gil is absoluut die verkeerde ding om te doen - dit sal 'n agressiewe hond net meer aggresief laat word. Kry liewer een van daardie 'shock sticks' om jouself en jou hond te help beskerm.

Reply to Chill
Posted by: Mandi | 2008/01/28

Hi Al,

Moenie eers sukkel met sulke mense. Bel sommer nou dadelik jou naaste SPCA en raporteer him. Jy kan hom ook by jou naaste polisie stasie aanmeld. Sy hond is 'n gevaar vir die publiek.
Moenie eers huiwer nie, bel onmiddelik. volgende keer kry 'n kind of 'n ander hond dalk ernstig seer.
Laat weet wat gebeur!

Reply to Mandi

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement