advertisement
Question
Posted by: Wondernet | 2004/01/06

Honde Kos

Hi

Ek het 'n staffie wat amper 4 jaar oud is. Sy kos wat ek hom gee sedert ek hom van die teler gekry het is Eukanuba . By een van die honde-skoue was daar een sogenaamde kenner wat wil beweer dat die kos te ryk is en daarom eindlik skadelik is vir staffies. Volgens hom is Montego ( onseker van die spelling ) 'n beter kossoort. Dit word onder meer van volstruisvleis gemaak .
Ek verskil van hom omrede my hond in 'n puik kondisie is ( definitief baie beter as sy hond s'n) en met hope energie . Hy was ook nog nie eenmaal een effens olik nie.Hy kry sy gereelde oefening en word ook 2 keer per jaar veearts toe geneem vir roetine-ondersoeke en inspuiting indien nodig. Vlooi en wurm behandeling word ook gereeld gedoen.

Ek sal graag u mening wil hoor.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Jou huidige dieet is uitstekend en jy sien die resultate! 'n Gesonde en gelukkige hond! Waarom verander aan 'n wenresep? Ek sou nie verander het as dit my hond was nie. En dis DEFINIEF nie skadelik vir Staffies of enige ander ras nie.

Ek ken ook 'n sogenaamde kenner wat beweer dis lekker om van 'n brug te spring met 'n rek (bungy) aan jou voete vas...


Dr Malan van Zyl
Veterinere Internis
Kaapstad

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement