advertisement
Question
Posted by: ilsa | 2004/10/24

Hond skud haar kop gedurig

My R/rifrug teef skud die afgelope week haar kop gedurig dat die ore so flap. Kan daar miskien iets in die ore fout wees ? Dit is veral in die nag dat dit gebeur , sy het nie eintlik vlooie nie en sy slaap in die huis.
Groete.
Ilsa

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Dit klink wel of daar skielik irritasie van een of ander aard in een of albei ore is. Dit kan insluit oormyte, bosluise, vreemde voorwerpe soos grassies, en selfs infeksies met baktriee of swamme. Jou veearts kan haar ore ondersoek en die regte druppels of behandeling voorskryf. Daar is nie werklik enige effektiewe oordruppels wat al hierdie oorsake gelyk sal aanspreek nie, so 'n akkurate diagnose is nodig.

Dr Malan van Zyl
Veterinary Specialist Physician
Cape Town

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Chill | 2004/10/25

'n Goeie wenk is om versigtig die ore te ruik - jy sal gou merk as dit nie skoon ruik nie. Ek vermoed dit is die geval, en indien wel, beveel aan dat jy iets daaromtrent doen voordat jy met 'n chroniese probleem opgesaal sit. Die probleem is dat 'n relatief klein probleempie kan ontaard in 'n lewenslang terugkomende infeksie - hoofsaaklik omdat die hond dit nie kan weerstaan om in die ore te krap nie.

Dus, gaan sien liewer jou veearts, en kry die regte medisyne.

Reply to Chill
Posted by: Acineth | 2004/10/25

Daar is seker iets in haar ore wat haar iriteer.

Reply to Acineth

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement