advertisement
Question
Posted by: Danie | 2006/07/18

Hoër bloeddruk na aanvullings

Ek gebruik 'n betablokker vir meer as 20 jaar en my bloeddruk is gemiddeld 120/80. 3 weke tevore het 'n Sportron-agent my oortuig om die Ultragard-aanvullings te begin gebruik. Ek het egter geensins my betablokker gestaak nie. Ek het vir 'n week lank hoofpyne begin kry. Goeie nuus, het die agent gesê, dis die gifstowwe wat uitgeskei word deur die Sportron. Nou het ek egter tot my ontsteltenis opgemerk dat my bloeddruk daagliks te hoog is; gem. 140/90. Wat kan die oorsaak wees?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive


Hallo Danie,

Ek is nie bekend met die spesefieke bestanddele van Sportron nie, maar die meeste van hierdie tipe produkte bevat ‘n mengsel van protiëne, multivitamiene, en een of ander stimulant. Die stimulant is die een wat vir jou gevaarlik kan wees, want dit kan die bloeddruk op stoot, en dus hoofpyne veroorsaak.

Moet nie jouself laat ompraat deur verkoopsmanne nie. Tensy jy ‘n dosis van een of ander toxiese middel of gifstof ingeneem het, is daar geen “gifstowwe” wat jou liggaam sal vervaardig van jou normale inname wat nou skielik uitgeskei moet word nie. En hoe is dit dat ‘n “aanvullling” kan werk om “gifstowwe” te laat uitskei? Is die produk ‘n “detoxicant” of ‘n aanvuller? Enige middel wat die liggaam se uitskeidingsvermoë so kan beinvloed, moet as ‘n medisyn geregistreer word, en is dan net op voorskrif verkrygbaar.

Danie, ek sal jou aanraai om die Sportron dadelik te staak, en jou bloeddruk steeds gereeld to monitor. Jy behoort binne twee tot drie dae weer jou normale bloeddruk te behaal ( en dit is perfek op 120/80 - geluk met jou bloeddruk beheer tot nou toe) en ook vry van hoofpyne te wees. As dit nie regkom nie, moet jy asb jou dokter dadelik raadpleeg, want dan is dit nie net die Sportron nie, maar iets anders by. As jy ‘n normale diet volg , en nie baie ondergewig is nie, behoort jy nie so ‘n aanvulling nodige te hê nie.

Ek hoop jou bloeddruk normaliseer vinnig, en jou hoofpyne kom reg. Ek sal ook graag weer van jou wil hoor oor hoe dinge uitgewerk het. Sterkte.

HeartDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement