advertisement
Question
Posted by: Riana | 2010/03/01

Hoendervel op kind se rug

Ek sien hier is nie ''n dermatoloog nie. My 11-jarige meisiekind kla nou al geruime tyd dat haar rug se vel snaaks voel en jeukerig is. Dit is die eienaardigste om haar rug te sien - dit lyk of sy permanent hoendervel het op haar rug, asof sy koud kry. Dit is nie ''n uitslag nie, dit is eenvoudig hoe haar hele rug se vel lyk. Ek het reeds ons waspoeier verander om te sien of dit die oorsaak is, maar dit is nie. Ek smeer dit ook maar goed in met room, maar dit gaan nooit weg nie. Wat kan dit wees? Sy het geen ander simptome wat my oortuig het om haar dokter toe te vat nie, maar as dit nodig is, sal ek dit natuurlik laat ondersoek. Dit jeuk veral in die aand baie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Riana
Dit kan dalk keratosis pilaris wees - maar mens moet maar laat 'n dokter kyk om te bevestig. Sien ook http://www.skinsight.com/adult/keratosisPilaris.htm
Probeer 'n roompie met 'n flou suur basis - vra jou apteker om vir jou 'n flou salisiel suur room aan te maak of gebruik een van die kosmetiek rome met alfa hidroksie suur in.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Ouers sug | 2010/03/01

Vat haar dokter toe vrou, dis nie normaal nie! Aangesien dit al ''n geruime tyd gebeur is dit nodig. Ek dink nie jy het meer simptome as dit nodig om haar te vat nie.

Reply to Ouers sug
Posted by: cyberdoc | 2010/03/01

Hallo Riana
Dit kan dalk keratosis pilaris wees - maar mens moet maar laat 'n dokter kyk om te bevestig. Sien ook http://www.skinsight.com/adult/keratosisPilaris.htm
Probeer 'n roompie met 'n flou suur basis - vra jou apteker om vir jou 'n flou salisiel suur room aan te maak of gebruik een van die kosmetiek rome met alfa hidroksie suur in.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement