advertisement
Question
Posted by: Marietjie | 2007/03/22

Hoëbloeddruk

Dokter. Ek het nog nooit voorheen gesukkel met hoëbloeddruk nie.Op 26/02/07 het ek by die myn waar ek gewerk het vir uiklaar medies gegaan omdat ons getrek het. My bloeddruk daar was 150/90. Op 12/03/07 het ek vir medies gegaan vir temp werk by 'n nuwe myn op Lydenburg en toe was my bloeddruk 160/95. Op 20/03/07 het ek die dokter besoek en toe is my bloeddruk skielik 167/110. Die dokter het my op 'n bloeddruk pil gesit en gesê as die bloeddruk nie daal binne 2 weke nie wil hy my antidepressant - cymbalta na 2 per dag verhoog. Volgens allergie toetse is ek ook allergies vir alle koring produkte. Hy het my aangeraai om drasties aan my dieet te werk. Voor ek cymbalta begin gebruik het, het ek efexor gebrui en dit het my baie gewig laat optel. Sedert ek cymbalta gebruik, die begin van okt 06 het ek tot op datum al 9.5 kg verloor. Maar nou styg my bloeddruk. Kan jy vir my dalk aanbeveel watse tipe kosse ek mag eet en watter vermy? Ek is so bang ek word een oggend wakker en klap vlerkies in die hemel. Die Vader het ons die afgelope tyd so geseën dat ek net vorentoe wil kyk. Ek is 49 jaar en het van 132.7 kg al afgeval na 123.2kg. Ek is desperaat vir hulp.Ek wag om van jou te hoor.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Marietjie
Ek wil jou aanraai om 'n dieetkundige te spreek aangesien jy veelvoudige probleme het en ek nie vir jou so 'n gekombineerde dieet oor die Internet kan uitwerk nie. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal vir jou 'n individuele dieetvoorskrif moet uitwerk wat die oorgewig, hoë bloeddruk en die koring allergie aanspreek. Sodra jy meer gewig verloor het, kan jy ook met die dr gesels om uit vind of jy wel oefening mag doen (swem, fietsry, flink stap, ens) want gereelde daaglikse oefening van 30 min of meer help vir al jou mediese toestande - die oorgewig, die hoë bloeddruk en die depressie.
Hou moed
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement