advertisement
Question
Posted by: Annelie | 2007/08/07

Hoe werk die liggaam

Dit het my nog altyd geintreseer, hoe weet ek vir my gewig en ouderdom wat ek moet weeg, en as jy baie aktief is tot glad nie aktief, wat moet jou porsie grootes wees wat jy kan eet om nie gewig op te tel nie. Hoe werk die liggaam met wat jy eet, bv as jy 2 snye brood of lekkergoed eet (die kj waarde ?) en hoe hard moet jy oefen daarna om dit te verbrand?

Enige voorstelle van boeke wat ek dalk kan lees oor die onderwerp?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Annelie
Ja, voeding en menslike metabolisme is baie interessante onderwerpe. Jy kan op die 'Diet' Webwerf kyk na al die honderde artikels wat ek oor die meeste onderwerpe wat jy noem, geskryf het. Kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en 'Surf'. Ek het ook so pas 'n oulike boek 'The Ultimate Diet Solution' van Anne Till ontvang wat jy by die meerderheid boekwinkels behoort te vind. Die boek kan ook bekom word deur 'n e-pos aan: information@annetill.co.za te stuur.
Lekker lees
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Jo | 2007/08/07

Sluit aan by Weigh Less. Hulle sal vir jou uitwerk hoeveel jy moet weeg vir jou ouderdom en gewig. Hulle kyk na alles voordat hulle vir jou 'n formule uitwerk hoeveel kos jy per dag moet eet - hoeveel kos jou liggaam nodig het om optimaal en gesond te funksioneer, maar tog gewig te verloor op die gesonde manier. Hulle neem in ag bv. is jy aktief, nie aktief, familie geskiedenis, is jy bv. allergies vir melk ens. Hulle leer vir jou hoe groot is 'n porsie groente/vrugte/stysel ens. wat jy moet eet. Weigh Less is 'n leefstyl - nie 'n dieet. Dit wat jy daar leer kan jy en jou familie die res van jul lewe gebruik om reg en gesond te eet. Kry ook die boek "The Seven Pillars of Health" geskryf deur Don Colbert, MD - Uitstekende boek en jy kan alles toepas in jou lewe. Jy leer van hoeveel water, slaap, oefening het jou liggaam per dag nodig. Wat is dooie en lewende kos ens. ens.

Reply to Jo
Posted by: Mario | 2007/08/07

Baie interesante vraag. EK het ook altyd gewonder oor KJ? Hoe bepaal hulle dat 'n ertjie korrel of 'n tamatie bevat X kj? Sal uitkyk wat die doc se.

Lekker dag

Reply to Mario

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement