advertisement
Question
Posted by: Gatvol | 2006/11/10

Hoe maak mens

Ag ek weet nie eers waar om te begin nie cs.Ek voel so gatvol vir alles.Voel of alles net nie wil reg loop in my lewe nie.My finansies is n gemors...voel partykeer of my hele lewe net n gemors is.Ek is moeg om elke dag te stres.Net as ek dink dinge kom reg in my lewe dan tref alles my weer van voor af.Hoekom probeer n mens nog elke dag aangaan.Ek is rerig uitgeput.Hoe raak mens weer positief as alles net te veel raak...

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

useful comments. And your closing comment reflects a really good decision

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

8
Our users say:
Posted by: Gatvol | 2006/11/10

Dankie julle.Ek dink ek voel beter.Dink ek gaan vanaand vir my kinders en vrou vertel hoe lief is ek vir hulle.Mooi dag vir julle

Reply to Gatvol
Posted by: Echelle | 2006/11/10

Dit was dalk die kers op die koek om jou vandag so te laat voel, of dink jy nie so nie? Dis erg as 'n kind sterf en dit het jou dalk net erg gevang!

Kyk na die blou lug met die wit wolke en staar lank daarna en luister na die voeltjies en laat jou gedagtes dwaal oor alles wat mooi is in jou lewe!

Sterkte vir jou!

Reply to Echelle
Posted by: Playgirl | 2006/11/10

Jis, ek is jammer om dit te hoor, dit moet flippen erg wees....
my boetie het in matriek ook 'n vriend verloor weens breinvliesontsteking.....en shame ek dink aan sy beste vriend wie sy kis hy gedra het 'n paar maande gelede wat gesterf het in 'n gru ongeluk....

'n mens moet so dankbaar wees vir wat jy het. Ek dink ons neig om te veel te stres oor onbenullighede...

Reply to Playgirl
Posted by: gatvol | 2006/11/10

Ja pg dis waar.Ek moet seker maar net aangaan en hoop dinge word beterDankbaar wees vir wat ek het.My seuntjie se maatjie word reeds vandag begrawe.Die arme meisietjie het breinvliesontstekig op gedoen.My seuntjie moes medikasie drink want hy was saam haar in die klas.My hart gaan uit na haar ouers.Shame

Reply to gatvol
Posted by: Playgirl | 2006/11/10

Ekskuus Gatvol - dit klink nou amper asof ek jou aanval. Ek dink sommer maar net aan hierdie skatryk vriende van ons wat regtig dink hulle is beter as ander mense......nou die dag vrae ek vir hulle maar hoekom is julle kar registrasie nommer Hermanus, julle bly mos in Durbanville, nee want hulle soek nie 'n CY nommer nie, want mense wat met 'n CY registrasie nommer ry is COMMIN.

Kan jy glo? Ek meen HEL, wat maak dit nou saak wat jou kar registrasie nommer is.....

Reply to Playgirl
Posted by: Playgirl | 2006/11/10

My boetie het eergister vir ons kom kuier, en was so depressed oor sy klein salaris - ongelukkig sien hy watse dinge ons kan bekostig en hy nie, toe vertel ek hom nou mooi - dit is net aardse goed, wees dankbaar dat jy nie soos my baas kanker het en wonder of sy gaan lewe tot Kersfees nie.

Ek dink omdat so baie mense gedurig finansieel in hulle kanon is, is omdat hulle alles wil he wat hulle oe sien, en wil kompeteer teen ander.

Dis asof mense met hulle "rykdom" vir ander wil wys hulle is beter as ander...

Reply to Playgirl
Posted by: Garvol | 2006/11/10

Ek hoor wat jy sê cv.Glo my ek het dit nie breed nie en ek koop nie wat ek nie kan bekostig nie.Ek sal ook nou nie sê ek of my kinders gaan slaap honger nie,maar daar is nooit n ekstra geldjie om ons self te bederf nie.My jongste seun moet volgende jaar skool toe en waar die geld vandaan gaan kom weet ek nie.Ek bid maar dit voel of nks reg wil kom nie.

Reply to Garvol
Posted by: CV | 2006/11/10

Dit kan 'n mens nogal vang, as dit voel asof alles op jou neerkom,dat jy soms voel dat niks maak meer sin nie.
Dis dan wanneer jy moet stil sit en dink wat jy alles het.Elke aand 'n bord kos, jy het 'n dak oor jou kop en 'n warm bed om in te slaap.Daar buite is mense wat nie die tipe van " weelde "
het nie.
'n Priester in my kerk het eendag gese,'n mens bring soms alles op hom self,kyk weer na jou finansies en probeer uitwerk waar alles heengaan,skryf op wat jy alles koop en probeer om onnodige aankope te beperk.
Sorry ek wil nie jou lewe run nie, maar ek het ook al dit in my lewe ondervind.Hoop dit bring 'n bietjie lig

Reply to CV

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement