advertisement
Question
Posted by: Charmain | 2003/03/22

Hoe beinvloed epilepsie n persoon na baie jare

My man, nou 32 het epilepsie vandat hy 16 is. Dit is redelik onderbeheer. Hy kry net aanvalle wanneer hy vergeet om sy epanutin te drink. Dit gebeur so plus minus 4 keer 'n jaar. Nou wil ek net byvoeg dat hy wel al twee keer 'n aanval gekry het ten spyte van die medikasie. Die internis het sy medikasie verhoog en gese dat dit dalk as gevolg van stres is. Sederdien het hy nog nooit weer 'n aanval gehad nie. Nou wil ek weet hoe word 'n persoon oor 30, 40 jaar met epilepsie. Ek vra omdat my ma my allerhande dinge in die kop sit van mense wat verstandelik gestrem word na jare van epilepsie of dat hulle ook dalk gou dood kan gaan of dat hulle persoonlikheidsveranderinge ondergaan, dalk agresief word of so iets of dat die medikasie met die tyd al hoe meer verhoog word en dat dit naderhand nie meer sal help nie. Hoe erg word die brein beskadig na elke aanval? Die paar keer wat ek by was met 'n aanval het dit net 'n paar minute geduur, dalk so tussen 3 en 5 minute, maar daarna is hy verskriklik deurmekaar. Kan gewoonlik nie die dag se datum onthou of wat alles daardie dag gebeur het nie. Ek is baie lief vir my man en sal graag wil weet wat om in die toekoms te verwag sodat ek finansieel daarvoor voorsiening kan maak indien hy dalk later nie meer vir my kan sorg nie. Ek het al probeer navors op die internet, maar kry nie duidelikheid oor wat die invloed is van epinutin en epilepsie na 'n paar jaar nie op 'n persoon het nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Charmain, gekontroleerde epilepsie sal geen negatiewe invloed op sy lewensverwagting of persoonlikheid hê nie. Daar is mense wat verstandelik gestremd is wat epilepsie kry, maar dis die gestremdheid wat die epilepsie veroorsaak en nie anders om nie. Daar’s omtrent geen kans dat ‘n konvulsie van 3-5 minute permanente skade kan aanrig nie. Daar is slegs ‘n elektriese ontlading en eers wanneer dit baie lank aanhou sal dit breinskade veroorsaak. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement