advertisement
Question
Posted by: Annie | 2003/03/26

Hoe behou ek my gewig?

Ek was 'n op hoë protein lae koolhidraat dieet vir die afgelope vier maande. Ek het 'n totaal van 18 kg verloor. Ek is 1.74m en weeg tans 76 kg. Hoeveel moet ek nog verloor voordat ek op my ideale gewig is? Ek is 'n 25 jarige dame en nie regtig fyn gebou nie. Ek moet sê, ek voel so goed oor myself - dat alles die moeite werd was. Ek weet u is gekant teen die hoë protein dieete, en ek weet ook dit is met goeie rede. Ek wil graag weet watter raad u my kan gee om my gewig te behou nadat ek alles verloor het? Ek sal nie kan voortgaan met die baie proteine nie, ek weet dit is nie goed vir my nie en ek hou nie werklik van al die vleis en eiers nie. As ek weer terugval op my All bran flakes soggens, slaai in die middag en 'n gewone bord groente en hoender/vis met 'n porsie stylsel in die aand, sal ek die gewig kan afhou? Gelukkig het ek geleer om slegs suikervrye koeldranke of suiwer vrugtesap te drink en ek gebruik nou net kunsmatige versoeters, glad nie meer suiker nie. Sal dit voldoende wees?
Baie dankie vir 'n wonderlike forum!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Annie
Dankie vir jou mooi woorde, ek waardeer dit. Vir jou lengte is die ideale gewig 66 kg (met 'n BMI van 22), maar moenie jouself treiter as jy nie tot hierdie gewig kan daal nie. 70kg is ook goed en dit sal jou 'n BMI van 23 gee, wat goed binne die normale perke is. Ja, jou gewigsverlies is fenomeneel en ek moet jou gelukwens. Een van die probleme van hierdie hoe-proeiendiete is ongelukkig dat mens maklik weer al die gewig kan optel as jy begin normaal eet. Ek dink egter dat as jy streng kyk dat jy nie te veel vet inneem nie en oefening doen, jy hierdie nadeel hopelik sal vermy. Na al die proteien, eiers en vleis het hy buitendien 'n lae-vet dieet brood nodig om te verhoed dat jou bloedvette die hoogte inskiet!
Wees versigtig!
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement