advertisement
Question
Posted by: WVS | 2005/12/13

HIPERTENSIE

Ek doen graag navraag na aanleiding van 'n vorige vraag wat ek gestel het. Die is beantwoord met 'n teenvraag wat ek nooit raakgesien het nie!

Ek het hipertensie wat buite beheer is. Sowat 60% van die meting (met stetoskoop en kwik meter) is die in die omgewing van 150/110 of 150/100. Soms is dit meer verhoog 170/120 ens. Ek is gewoonlik bewus wanneer dit opskiet deur 'n tintelende gevoel wat deur my gaan.

Medikasie tans is Accuretic 20/12, Carlog 15 en Physiotens 0.3 soggens. Saans: Carlog 25 en Amloc 10. Ten spyte hiervan bly die BD hoog.

Ander toetse:
Chromogranin A - 39 U/L (Ref 0.0-23.0)
5HIAA - 59.10 (Ref 10.5-36.6)
Nortmetanephrine ook verhoog
Hematurie +++
(Hierdie word 6 maandeliks gedoen en is telkens verhoog die afgelope twee jaar)

MIBG CT MRI en OCTROIEDE scan wys tans niks. Dit ten spyt meld die verslae telkens dat daar groot moontlikhede vir vals negatiewe resultate is.

Ek is besorgd oor die hipertensie aangesien ek nog jonk is (vroee 40). Dit blyk of een of ander endokriene tumor iewers skuil wat die hipertensie veroorsaak.

Vraag: is daar enige ander behandeling/medikasie om die effek van die tumor uit te blok totdat dit iewers op 'n radiologiese toets wys? Hipertensie veroorsaak tog langtermyn skade?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Beste WVS,
Jy is heeltemal reg, hipertensie veroorsaak langtermyn skade. Ek neem aan dat jy deur 'n spesialis behandel word en dat hy wel besig is om kliphard te soek na die oorsaak! Jy is reeds op redelike sterk bloeddruk medikasie en ek kan nie regtig iets anders voorstel nie. Jou dokter doen alles reg volgens die boek! 90 % van pheochromositome word opgetel deur 'n MIBG CT MRI en dit is die mees waarskynlikste diagnose. Hierdie tumor se effekte kan teegewerk word deur alpha en beta blokkers, wat jy reeds gebruik. Gaan asb net gereeld vir jou opvolg ondersoeke, hou boek van jou bloeddruk sodat jy vir jou dokter kan wys wat die gemiddeld is vir 'n periode, volg lae sout dieet, doen oefening en moenie oorgewig raak nie. Sterkte!

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement