advertisement
Question
Posted by: raad nodig!!!! | 2008/01/02

hiatus hernia

my dr het 'n hiatus hernia van 5 - 7 cm by my diagnoseer na 'n "kamaratjie sluk" oefening.

Ek kry gereeld pyne op my bors area, konstante sooibrand en letsels in slukderm, hart kloppings ("normale" hartklop ± 90 - 120 p/m rustend terwyl ek 'n 5mg betablokker gebruik elke dag). bloed druk normaal, linker ventrikel klep sluit nie normaal nie, is 'n diabeet.

hart chirurg en gastro-??? chirurg het DRINGENDE operasie aanbeveel. kan dit wees dat bg. sommige v/d "hart" simptome bv. harklop, borspyn ens. kan veroorsaak?

Is 'n 5 - 7 cm breuk groot?

Chirurg voel dat hy sal om "oopsny" aangesien dit nie moontlik is om die "groot" breuk reg te maak met 'n laparoskopie nie.

ek het teruggegaan in H24 argiewe maar kry nie antwoord(e) wat ek soek nie. Help asb!!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo raad nodig!!
Ja 'n hiatus hernia kan vir jou borskaspyn gee - sien http://www.health24.com/Man/Common_conditions/748-770-3429,11953.asp
'n 5-7 cm breuk is nogal groot - amper soos jou vuis. As mens 'n para-esophageale breuk het, maw 'n deel van die maag het opgestoot in die borskas, en dit nie kan terug gaan nie, is dit beter om dit te opereer, aangesien dit kan ulcers vorm in daardie deel van die maag of die slukderm.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Nanette | 2008/05/12

A hiatus hernia was found during a gastroscopy. The doctor mentioned that it was a 5 cm hernia. Is a 5cm hernia seen as small, average or big?

Reply to Nanette
Posted by: chantell | 2008/03/27

Goeie dag ek het die kamera gaan sluk so jaar terug net na my kind se geboorte en hul het vir my gese ek het n glipbreuk in my maag van so 4cm lank ek het gedurig pyn en sooibrank my maag swel ook baie erg. My probleem is so 3 weke terug het my pols met my begin weghardloop hy is nie minder as 98 nie en gaan tot so 110 maar by bloeddruk is normaal 120. dokter vermoed dis die breuk wat dit veroorsaak en het my op prodocol gesit 2 keer n dag tot ek vir die operasie gaan volgende week.. nou nog iets het begin my een nier het erg begin pyn dat ek nie kan loop nie toe gaan ek terug dokter toe en hy vermoed ek het dalk n nier steen gehad want ek het nie infeksie nie maar wel bloed en protiene. My vraag is is dit normaal is dit my breuk of iets anders?

Reply to chantell
Posted by: raadop | 2008/03/10

ek het n mantelvlies breuk en ek het mar net gewonder of dit n mens regtig so sleg kan laat voel party dae voel ek of ek by die dood omdraai gee asb naam van pille wat ek kan neem was op losec mar dit werk nie

Reply to raadop
Posted by: MOEDELOOS | 2008/02/18

Van Mei 2007 het my simptome begin. Kan nie slaap nie, sooibrand, pyne op die maag, 'n gevoel dat my kos in my slukderm vassit, naarheid en die vreeslike pyne in my bors.

Julie is ek gediagnoseer met 'n mantelvliesbreuk. (Na talle toetse). Ek het dadelik medikasie daarvoor begin neem en besluit om vir die operasie te gaan aangesien ek nog jonk is. Ongelukkig het ons getrek en ek het uitgestel. Desember het die simptome net erger geraak. Ek kon glad nie meer eet nie. Ek is terug Dr. Toe. Ek is vir toetse gestuur om te kyk wat die drukking van my slukderm is. Daar is gevind dat ek 'n slukderm siekte het. My drukking aan die onderkant van my slukderm was 79 waar normaal tussen 20 en 45 is. Daar's aan my verduidelik dat hulle nie die mantelvlies kan reg maak nie, aangesien hulle die deel waar daar so spasmas is moet gebruik om die breuk reg te maak. Dit is 'n "for life" siekte. Ek is nou op medikasie. Bloeddruk medikasie. Cardifen 5mg(3xper dag), lokit 40mg per dag en baie naar pille(Vomidon).Ek het hittegloede wat skrik vir niks nie, my bloeddruk dael gevaarlik laag, en ek kan miskien elke 2 de dag eet. WAT KAN EK DOEN. EK IS MAAR 32

Reply to MOEDELOOS

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement