advertisement
Question
Posted by: Janell | 2007/05/13

Hiatus Hernia

Ek is Februarie 2006 gediagnoseer met 'n 1cm breuk. en 'n maagseer. Ek het geen behandeling ontvang nie. Ek het begin om erge sooibrand te kry Gaviscon help nie eers nie. Ek is toe Mei 2007 na my huisdokter wat toe (ek dink) Pontolac of so iets voorgeskryf vir die sooibrand, maar daar geen verbetering gewees nie. Ek is toe weer vir 'n gastrokopie en hulle het gesien dat my hiatus breuk nou al 2cm groot is, ek verduur baie ongemak veral as ek geeet het. Wanneer is dit nodig om te opereer en watter ander behandling is daar wat gaan help. (Ek is 22 jaar oud, het 'n baba 2 jaar terug gehad en ek rook +/- 6 sigarette per dag) Dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Janell
Jy moet eintlik 'n gastroenteroloog sien. Mens kan langtermyn op antisuur behandeling bly, maar moet ook jou eetpatroon aanpas en defnitief ophou rook want nikotien maak dit erger. Die gastroenteroloog sal vir jou kan besluit of dit erg genoeg is om te opereer. Jy is egter nog jonk en dit kan herhaal na operasie.
sien http://www.animatedmedical.com/Hiatushernia/hiatushernia.html

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Smiley | 2007/05/14

Om jou simptome van Hernia te verbeter moet jy deur die dag klein maaltye eet, moenie later as 19h00 eet nie en lig jou kop met kussings wanneer jy slaap.

Reply to Smiley

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement