advertisement
Question
Posted by: Eensaam | 2007/04/14

Het geselskap nodig

Ek en my man bly oor 1000 km van my familie en vriende af. Die ergste is dat hy altyd weg is vir besigheid. Ek is gelukkig as hy 2 weke in 'n maand by die huis is. Die dorp is klein en hier is meestal net ou mense. Ek mis my vriende en familie. Al geselskap wat ek het, is my 3 maande oue babatjie. Ek werk selfs van die huis af, so sien geen mens ooit nie. Dit help nie om uit te kom nie, want waarheen gaan ek? Hier is net 'n paar winkels in die dorp en geen aktiwiteite soos gim, stap of enige iets soort gelyks nie. Ons het getrek uit die stad omdat daar te veel geweld is. Maar nou sit ons hier in die Karoo heeltemal afgesluit van die wêreld. Was dit dan die moeite werd? Hoe maak ek die beste van die saak, want vir 'n jaar het dit okay gegaan, maar dit begin my nou inhaal. Veral die feit dat my kind grootword sonder my familie. My man se familie is so 100km van ons af, maar dit is net nie dieselfde nie. Die leemte in my hart word net groter. Ek weet niemand kan my sê wat ek moet doen nie. Ek is net moeg daarvoor om so alleen te voel.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Let's see what other readers suggest, probably mostly after the weekend, when they get back to the internet.
If your husband is away so much, elsewhere, why are you both staying somewhere apparently distant from friends and family AND from where he works ? Is there any alternative or compromise possible ? Whether swapping worry about safety for boredom was a good deal, only you two can decide. Could you become more involved in the community, in church, in charities / NGO that need help with their work ? That way you could meet and get to know more people

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Clivia | 2007/04/16

Waar in die Karoo is jy ?

Reply to Clivia
Posted by: Britty | 2007/04/15

At present I am living overseas in a very small community where it is not the done thing to knock on someone's door! The wives don't work and there is so much gossip you would not believe it. But slowly I am getting to know people and I realise that it just takes time. I thought that Maria's suggestions were excellent. People will not come to you so you have to go and find them. Good luck.

Reply to Britty
Posted by: daisy | 2007/04/14

Ek het min of meer dieselfde ondervinding as jy gehad nadat ek vanaf die stad na 'n klein dorpie in die Oos-Kaap verhuis het. Die mense is bietjie wantrouig in die begin, maar sodra hulle jou leer ken sal jy sien dat daar net so baie eensame mammas op die plase is. Die gouste manier om deel te word van die gemeenskap is deur die kerklike bedrywighede by te woon. Jy beskik heelwaarskynlik oor die een of ander talent wat dalk gemis word op die dorp. Jy sal verbaas wees hoeveel lewe daar is op so 'n dorpie. Ek het lang trane gehuil die dag toe ek weer moes weggaan en verlang nog steeds terug na 27 jaar, maar julle sal saam moet besluit wat reg is vir julle as gesin.

Reply to daisy
Posted by: Maria | 2007/04/14

Ek het 'n paar idee's, of dit prakties uitvoerbaar is sal jy maar moet sien!
- Adverteer in 'n plaaslike koerant 'n "ma-en-baba" oggend. Ontmoet 'n paar ander ma's by 'n koffiewinkel of jou huis, net vir kuier en nuwe mense ontmoet. Al is daar meestal ou mense sal daar dalk nog 'n paar ma's iewers wees.
- Skryf in vir 'n afstandsonderrig vak of kursus deur UNISA. Jy hoef nie 'n graad te doen nie, kies enige onderwerp waarin jy belangstel en skryf net daarvoor in.
- Word 'n vrywilliger by die biblioteek, kinderhuis, ouetehuis of enige ander plek waar 'n paar gewillige hande dalk nodig is. Ek weet dit sal dalk beteken jy moet iemand kry om vir 'n ruk na jou baba te kyk, maar soek vir 'n baba oppasser is dalk ook 'n goeie manier om mense te ontmoet.
- Begin 'n stapklub.
- As daar 'n skoolkoshuis op julle dorp is, vind uit of jy daar kan help met huiswerk of net om aandag te gee aan van die jonger kinders. So kan jy dalk van die ma's in die boeregemeenskap ontmoet.

As jy regtig ongelukkig is moet jy met jou man praat. 'n Mens kan altyd terugkyk op 'n besluit wat jy geneem het en dit verander as jy sien dit werk nie uit nie.

Sterkte

Reply to Maria

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement