advertisement
Question
Posted by: RT | 2004/10/28

Help wat kan ek nou doen

My kat het vroeg vanogend haar kleintjies gehad maar hulle lyk permature want hulle ore is nog aan hulle kope vas en hulle het nie hare nie. hulle ooglede is nie ontwikkel nie. Sy het 3 gehad en sodra hulle uit gekom het (natuurlik dood maar een het vir so 5 minute gelewe) het sy hulle bene afgebyt. My man het hulle so vinnig as moontlik van haar weg gevat. Ek wil nie he sy moet weer kleintjies kry nie kan ek haar al vandag vat dat hulle haar reg maak.

Hoekom sal sy nou al die kleintjies gekry het en hoekom het sy hulle bene afgebyt.

Ek het so gou as moontlik 'n antwoord nodig as enige iemand my kan help

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Dis nie abnormaal dat die ma vroeggebiore of abnormale kleintjies sal probeer opeet nie - dis die natuur. Die rede vir die aborsie kan mens nie se nie, daar is baie oorsake. Veeartse mag verskil oor wanneer hulle haar wil steriliseer, so skakel jou veearts en kry sy mening en voorkeur of hy dit dadelik wil doen of eers bietjie wil wag.



Dr Malan van Zyl
Veterinary Specialist Physician
Cape Town

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Corne | 2004/11/04

Kan dit nie dui op 'n moontlike vitamien tekort as gevolg van haar swangerskap nie? Dis mos hoekom katte en honde die plasenta eet na die tyd? Sjoe, so bly al my diere is ge-steriliseer, ek so dit glad nie kon handle nie!! Sal graag wil hoor wat die veaarts sê! Sterkte!

Reply to Corne
Posted by: Chill | 2004/10/28

Dit klink vir my sy't miskien 'n gesondheidsprobleem wat verhoed het dat haar baba's reg ontwikkel and gedra kon word tot hulle reg was om gebore te word.

Hou haar maar goed dop vir 'n rukkie, en vat haar veearts toe as sy nie gesond lyk nie.

Ik dink dis bietjie vroeg om haar onmiddelik te laat regmaak - wag so'n maand of wat tot sy herstel het van die besigheid. Maar moenie langer as dit wag nie, netnou raak sy weer in verwagting!

Reply to Chill
Posted by: Acineth | 2004/10/28

Ek weet nie veel van katte nie. Vra die veearts wanner jy haar vat lat hulle haar regmaak. Ek is nie seker nie, maar ek dink dat dit natuurlik is dat hulle die dooie kleintjies eet.

Reply to Acineth

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement