advertisement
Question
Posted by: Bull | 2004/10/05

Help - Scottish Terrier

My Scottish Terrier is 4 maande oud. Ek het hom nou al 3 maande en alles gaan baie goed met hom. Hy is 'n gelukkige hond (ek dink so) en ons het 'n Jack Russel van 4 jaar wat hom bedags besig hou. Hulle speel lekker saam en daar was nog nooit 'n bakleiery nie.

Ons gee die 2 honde net Eukuniba (nie seker van spelling nie) en dan meng ek so bietjie Husky blikkieskos by die pille.

Die Scottie was in die begin mal oor die kos en het syne (wat spesiaal vir puppies is) en sommer die Jack Russel sin ook opgevreet maar die afgelope week wil my hond nie eet nie. Hy sit nie sy mond aan die kos nie en elke dag moet ek die ou, duur kos weggooi. Hy lyk glad-nie siek nie en hy is nog net so opgewonde as ons in die middag by die huis kom ens. Ek maak 'n punt daarvan om nie vir ons honde kos van die tafel af te gee of verkeerde kos te voer nie want ek wil hê hulle moet so gesond as moontlik wees, maar ek kan sien die hond is honger en bedel die hele tyd by my kos alhoewel sy kos nog onaangeraak staan. Hy eet ook nie eers die Jack Russel se kos nie. Gister-aand het ek vir hom pap (mieliepap) gegee en hy het dit verorber. Vanoggend wil hy weer niks weet van sy pille nie.

Wat moet ek doen. Is my hond siek of het hy 'n lekkerbek? Kan ek dalk vir hom 'n vleissous maak en oor sy pille gooi? Ek wil graag hê hy moet die Eugineba pille eet want ek weet dit het al die voedingswaards in wat 'n hond nodig het. Maar sal ek dalk skade doen aan my hond as ek vir hom 'n vleissous maak vir oor sy kos? Kan ek dalk vir hom hoenderlewertjies maak? Of wat van die pets mince wat mens kry?

Gee asb. raad want dit pla my dat my hond nie eet nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

As tydelike maatreel kan jy wel 'n bietjeie vleissous (vermy vetterigheid)oor die pille gooi om sy aptyt te stimuleer. Jy is reg dat die pille aaan al sy voedingsbehoeftes voorisen. Mettertyd kan jy die vleissous minder maak en wegvat. Jy kan ook probeer om 'n ander geur/produk van dieslfde vervaardiger te kry en dit vir hom te voer. Die komersiele diete is so goed gebalanseer, dis nie nodig of wenslik om nou vir hom te kook nie - ek stem saam hy is lekkerbekkig en sal hopeleik binnekort saamwerk en sy kossies eet.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Annatjie | 2014/07/26

Het n worsie 9 jaar oud haar milt verwyder sy wil nie eet nie het nou vir haar rys en hoender gemaak wat sy wel eet, kan ek voort gaan daarmee? Sy is 4 dae terug geopereer.

Reply to Annatjie
Posted by: Acineth | 2004/10/05

Dit is altyd 'n gooie idee om hulle veearts toe te neem as hulle nie wil eet nie. Net om seker te maak daar is nie fout nie.
Die veearts sal ook raad kan gee. As jy dood seker is, en net as jou veearts dood seker is dat daar nie foud is nie, moet jy hom maar miskien laat 'n ete of twee mis.

Reply to Acineth

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement