advertisement
Question
Posted by: tj | 2005/07/23

Help ek is desperaat

Dr ek is op die oomblik 103kg. Dis die swaarste wat ek al ooit in my lewe geweeg het. Het verlede jaar 'n nood rugoperasie gehad en dis waar my gewig begin het. My gewig was die meeste van die tyd tussen 84 en 90 ..wat ook nog te swaar was. Op die oomblik drink ek Roaccutane vir my vel. Soos u sal weet mag ek geen oefening doen nie. Ek sal dit baie waardeer as u my 'n riglyn kan gee hoe om gewig te verloor. Ek is 1.67m en 47jaar oud.

Baie dankie!
Sal wag vir u antwoord

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste TJ
Jou huidige BMI = 36,9 wat vetsugtig is. Selfs op 84 kg was jou BMI = 30 en in die vetsugtige reikwydte. Om terug te keer na 'n normale BMI van 25 sal jy moet 70 kg weeg. Aangesien jy dus meer as 30 kg sal moet verloor, sal ek aanraai dat jy Xenical probeer. Dit word saam met 'n baie-lae-vet-dieet gebruik en kan baie goeie resultate gee. Praat met jou dr oor Xenical. Dit is egter baie duur en dit sal help as jou dr kan motiveer dat jy die Xenical op jou Chroniese Medisyne voordele kan kry. Hy/sy behoort dit te kan motiveer, want jou oorgewig bedreig jou gesondheid. Vra dan ook vir die dr of jy mag swem sodat jy op een of ander manier meer aktief kan word, want oefening bly een van die beste maniere om gewig te beheer.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Kabous | 2005/07/23

Hallo tj,

Baie mense loop met die idee rond dat allerhande "hulpmiddels" die antwoord tot suksesvolle gewigsverlies en beheer is. Ja somtyds wend ons almal ons een of ander tyd na disulke dinge in 'n poging om te help met die bereiking van on doelwitte. Wat egter die mees belangrike faktor is is wat en hoe ons eet. Dink so daaraan: JY IS WAT JY EET!

Wat jy eet en die kombinasies van kosse wat jy daagliks inneem gaan grootliks bepaal of jy suksesvol gaan wees in jou poging om die oortollige gewig te verloor maar belangrikker nog om jou gewig konstand te hou.

1) VERMY SUIKER - ALLE SUIKER. Suiker is die grootste sondebok want dit bevat wat geen voedingswaarde nie. Gebruik a kunsmatige versoetter as jy moet.

2) 'n Aktiewe volwassenne het 4000 kj energie per dag nodig om suksesvol te kan funksioneer. Neem dus maar kennis van die etikette op verpakkings.

3) Jy het slegs 30 gram carbs (brood,rys,aartappels,ens.) per dag nodig,

4) Hou die persies per ete so groot soos jou fuis (dis gewoonlik dieselfde groote as jou maag)

5) Drink 'n glas water 20 minute voor ete. Dit sal jou laat "versadig" voel en daarom sal jy nie soveel eet nie.

6) Jou hoof maaltyd moet liefs middagete wees. Jy het dan genoeg tyd deur die dag beskikbaar om die energie wat jy ingeneem het te gebruik.

7) Eeet ten minste 5 keer op 'n dag. Peusel tussen etes aan droë wors en biltong.

8) Vir ten minste 2 ure voor slaaptyd moet jy niks eet of drink nie. Wanneer jy die goevoel kry van "Mmm, ek sal nou iets kan eet" is juis dan wat jou liggaam vir jou sê dat dit nou begin om die vet reserwes te gebruik vir enrgie. Nou begin jy van die oortolligge gewig ontslae raak.

Sterkte.

Reply to Kabous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement