advertisement
Question
Posted by: THEA | 2007/05/07

HELP, BAIE OORGEWIG

Ek het 'n probleem dat ek geen gewig verloor nie. Dokter het my skildklier, suiker getoets en gese daar is niks fout nie. Ek het wel lae bloedsuiker. Dokter het aanbeveel dat ek probeer eet soos 'n diabeet. Ek kan ongelukkig nie by 'n dieetkundige uitkom wat my kan help met 'n dieet nie. Geldskaarste op die oomblik. Dokter het gese as die dieetkundige se dieet ook niks doen nie, moet ek teruggaan vir lewerfunksie toetse. Probleem: geld het ek nie vir allerhande toetse nie. Kan eers oor ongeveer 4 maande by 'n dieetkundige uitkom en wil graag nou, so gou as moontlik, 'n paar kilo's afskud. 'n Vriendin se ek moet Atkins probeer vir 'n week of twee, of alternatiewelik, haar eie dieet volg: ontbyt is gewone ontbytpap (graanvlokkies, oats); middel-oggend 'n vrug en jogurt; middag gewoonlik proteien (ham, hoender) en slaai; middel-middag weer 'n vrug en aandete is weereens proteien en groente. Kan ek tot tyd en wyl ek by 'n dieetkundige uitkom hierdie dieet probeer?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Thea
Dit is regtig uiters belangrik dat jy wel by 'n dieetkundige uitkom vir die korrekte dieet aangesien jy 'n lae-vet, lae GI (glisemiese indeks) dieet moet volg om gewig te verloor en jou lae bloedsuiker te beheer. Sulke diëte is nogal moeilik om self uit te werk, maar jy kan kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Right Approach' en die artikels oor die GI lees. Die Atkins dieet kan moontlik vir jou help as jy dit NET gebruik vir die periode tussen nou en wanneer jy by die dieetkundige kan kom, maar moet dit asb nie vir langer gebruik nie aangesien dit 'n hoë vet- en cholesterolinhoud het en nie gebalanseerd is nie. Die dieet van jou vriendin sal nie jou lae bloedsuiker aanspreek nie en sal moontlik vir jou laat swak en bewerig voel. In die tussentyd kan jy ook begin om meer aktief te wees want daaglikse oefening vir 30 of meer minute, help baie vir gewig en ook om bloedsuikervlakke te beheer. Begin stap elke dag en vermeerder hoe ver en hoe vinnig sy stap soos jy meer fiks raak.
Maar bo alles, gaan sien asb die dieetkundige so vinnig as moontlik.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: Miss Piggy | 2007/05/09

Hi Thea,

Ek het net so gesukkel en almal wat al vir jou geantwoord het is reg. Ek het uit desperaatheid na Sureslim gegaan. Daar is ook niks met my skildklier fout nie. Dit is 'n daaglikse uitdaging om reg te eet. Maar ek hou daarby en het 12.5 kg in 3 maande verloor. Dit is nie so baie nie, maar ek lyk alreeds FAB! Ek moet nog 20kg verloor en ek sien uiteindelik kans vir die lewe. As niks anders werk nie, -|- ak jou naaste Sureslim konsultant. Dis persoonlik aangepas vir jou. En die mense behandel jou soos 'n pragtige mens... Nie soos 'n stuk varkvleis nie! :-) Sterkte!

Reply to Miss Piggy
Posted by: Heila | 2007/05/07

Ek sukkel al geruime tyd om gewig te verloor en was konstant op n dieet - en ek het al hoe vetter geword. Ek het vir my n fiets gekry, dink nie aan n dieet nie, eet baie minder brood, geen suiker, bietjie melk, nie juis sjok/koek nie, drink baie water en earl grey tee met heuning en raai wat? My langbroeke pas lekker los, of sal ek se, ek kan vrylik asemhaal en dit voel goed. Jy hoef nie eers regtig te gaan fietsry nie, los net die suiker, coke, lekkergoed/koek, brood en eet normaalweg(nie hope kos nie), en drink baie water. Sterkte

Reply to Heila
Posted by: madie | 2007/05/07

kan ek ook die dieet kry asb. my email/:
vp canvas at absa dot co dot za

Reply to madie
Posted by: Cornel | 2007/05/07

Aandag: weet hoe dit voel

Ek sal graag hierdie dieet wil hê. Hier is my adres as jy dit vir my sal aanstuur, sal baie bly wees. Het so 7 lastige kg om te verloor, dan sal ek 'n 22 BMI wees. carvalgc at eskom dot co dot za

Reply to Cornel
Posted by: weet hoe dit voel | 2007/05/07

gee jou e-mails adres en dan kan ek vir jou 'n dieët stuur wat ek by 'n dieëtkundige gekry het wat my baie gehelp het! - ek weet hoe jy voel !

Reply to weet hoe dit voel

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement