advertisement
Question
Posted by: Chanelle | 2007/12/11

Help asb

My dogter is nou 15 jaar oud. Ek weet sy is nou in haar tienerstadiums en is veronderstel om rebels (en alles wat met tieners saamgaan) te wees, maar ons stap nou al 'n lang pad (vandat sy klein was) van net probleme. Sy is 'n baie manipulerende persoon en sy en haar maats sit gereeld vas. As sy nie haar sin met hulle kry nie, of hulle nie vir haar onverskoning kom vra nie (al was dit haar fout) sal sy haar opruk en arms gevou gaan sit en weier om met hulle te praat tot hulle vir haar kom onverskoning vra. As hulle dit nie doen nie, sal sy vreeslike stories oor hulle begin versprei en op die ou einde is dit 'n verskriklike gebakleiery onder hulle as gevolg van haar optrede. Sy sal ook in een van haar buie gaan as hulle baklei en vreeslik op hulle skreeu en lelike goed toesnou. Sy sal vir ons as ouers ook nie onverskoning vra as sy iets verkeerd gedoen het nie. Sy glo nooit dat sy verkeerd is nie, en sukkel om emosies uit te druk. Sy het al talle kere tussen ons en ons huisvriende probleme veroorsaak met haar optrede teenoor hulle kinders. Sy sal ook as my man met haar praat vreeslik huil en jammer lyk, maar die oomblik as hy die kamer verlaat en ek alleen met haar wil praat dan stop sy onmidellik met die gehuilery, en dan is dit of sy 'n totale gedaanteverwisseling ondergaan en baie agressief teenoor my raak. Sy sal my byvoorbeeld beledig of baie lelik met my terugpraat - 'n regte traak-my-nie agtige houding kry. Dis of haar oë hard word en sy 'n ander mens raak. My man het my nie geglo toe ek hom dit vertel het nie totdat hy dit self gesien gebeur het. Sy het my ook al rondgestamp en as ek met haar wil raas sal sy die deure in my gesig toeklap en my ignoreer, nie eens vir my antwoord nie. Sy vertel ook verskriklike leuens en ek weet rerig ook nie meer wanneer ek haar moet glo of nie moet glo nie. Sy vat ook gereeld ander mense se besittings en al het ek met haar hoeveel keer daaroor gepraat is dit of dit net nie indruis nie. Om eerlik vir u te sê dit lyk of sy totaal afgestomp en emosieloos raak as ek met haar wil praat. Sy kan een oomblik die mees fantastiese kind wees en die volgende oomblik raak sy so. Sy glo ook glad nie sy is verkeerd nie, sy het eintlik 'n baie hoë dink van haarself. Sy het ook al een maal in een van haar buie probeer om haar polse te sny, maar nie erg nie, net sodat ons moet sien die merke is daar. Ek en my man gee nie ons kinders pak slae as straf nie, maar probeer altyd om die probleme uit te praat. Beide ek of my man drink glad nie alkohol nie, en probeer werklik ons kinders in 'n Christelike huis groot maak. Ons is nie oorstreng met hulle nie, was nog altyd daar vir hulle gewees en probeer soveel as moontlik tyd saam met mekaar as gesin deur bring. Ons kinders weet ons is lief vir hulle (ons sê dit gereeld vir hulle) en ek en my man is ook altyd daar vir hulle om vir hulle en hul maats as hulle probleme het, om hulle rond te karwei, ens. My kinders word met reëls in die huis groot en moet ook hulle deel bydra wanneer dit kom by skoonmaak van kamers, ens. Ons was nog nooit oor-streng nie, het eerder probeer liefde gee. As haar dinge maar van onlangs begin het sou ek gesê het dis maar net die tienerfase, maar hierdie verandering in persoonlikheid, emosieloosheid, diefstal kom al van kleins af saam. Ek weet werklik nie meer watter kant toe nie, en is al doodmoeg om haar dinge wat sy aanvang te probeer uitsorteer. Wat kan met my kind aangaan, kan u dalk help?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

I agree with Mace that it'd be a good idea to have her seen and evaluyated by a child psychologist who would also interview you, and make an informed plan with such expert advice, to revise this situation

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/05/11

Goeie dag....My dogter is n gr.3 leerder (9) en vaar die laaste ruk swak in Afr. en Eng.begripstoetse. Ons het haar tans by n sielkundige om uit te vind waar die fout le. Het die juffrou gaan sien , net om uit te vind dat sy glad nie haar werk wat sy in die klas moet doen , eers doen nie. Daar is of niks of net n paar ingevulde items. Ek het gedog sy sukkel om te konsentreer, maar dis bikie erg. Ons het gepraat en vir haar Vit.aanvullings en visolie kapsules gekry en goed wat help vir konsentrasie. Sy het so aspriste houding - so don't care. Haar werk gaan agteruit en sy gaan druip as sy nie nou iets of ons iets daaraan doen nie. Die juffrou het my vertel dat sy die kinders boelie, en dat sy net pleinweg vieslik is met ander kinders. Ek het besef wat sy van praat, want sy doen dit by die huis ook. Sy en haar jongste boetie (2) en oudste boetie (12) is heeltyd in mekaar se hare en baklei en sy skree op hulle en vloek (wat ek nie weet waar sy al die woorde hoor nie) maar ek weet nie meer wat om te doen nie. My plan is om haar individuele aandag te begin gee en met haar te sit en verduidelik wat die nagevolge kan wees. Maar ek vra graag hulp van ervare mense wat die selfde mee gebeur/ of gebeur het. Ek wil bitter graag my kind help. Sy kom voor of sy n woede/ haat vir als en almal het. As jy met haar raas, kyk sy deur jou. Sy slaan toe. Kan iemand my dalk help asb.?

Reply to Anonymous
Posted by: Mace | 2007/12/12

As dit my dogter was sou ek haar deur 'n klieniese sielkundige laat evalueer het. Tiener stadium is 'n tyd wanneer ma en pa se raad nie maklik aanvaar word nie. Jy praat van tendense wat al van klein tyd teenwoordig is en nie aangespreek is nie. Dissipline vat nie liefde weg nie, inteendeel kinders wil 'n sterk basis hê van wat toelaatbaar is en wat nie.

Indien jou kind nie reggehelp word nie gaan sy in 'n baie onplesiere volwasenne ontwikkel.

Sterkte, 'tuv love' gaan dalk nodig wees.

Reply to Mace

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement