advertisement
Question
Posted by: sandra | 2007/06/22

help asb

Ek voel so onnosel dok het my raad gegee op aandtye wat ek sukkel om myself in toom te hou. Dok het gesê ek moet tick op DIET DAN WEIGHT LOSS - DAN THE RIGHT APPROACH OF SLIMMING DIET. Wel ek kom net so ver as weight loss en dis dit hier in die linkerkant is mos blou blokkies...is ek op die regte pad? Maar ek wil graag by dok weet watse soort kosse moet ek deur die dag insluit om nie so te crave as ek by die huis kom nie. My wilskrag is min ek kan nie nee sê vir chips nie....my man bring elke aand 'n pak in. En dan nog 'n vraag oor my stoelgang. Ek gebruik op die oomblik supradyn weight smart. Maar ek is baie hardlywig. Wat is LACTOVITA? kan ek dalk dit saam supradyn gebruik.
Baie dankie vir u raad.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Sandra
Jy is op die regte pad. Wanneer jy op 'The Right Approach' gekliek het, dan moet jy op daardie bladsy kyk vir 'Slimming diet' en daarop kliek op te sien hoe die verslankingsdieet lyk. Dit sal aandui watter kosse jy met elke maaltyd behoort te eet. Vra asb vir jou man om Nie kosse soos skyfies huis toe te bring. As jy dit verslankingsdieet op hierdie Webwerf gebruik, sal dit ook help vir die hardlywigheid aangesien die dieet baie vesel bevat. As jy vind dat dit steeds nie help nie, probeer Fybogel (koop by apteek) wat sal help. Ek is nie vertroud met Lactovita, maar vermoed dat dit 'n sg. probiotika is (goeie mikroörganismes) wat ook kan help vir hardlywigheid. Jy kan dit saam met die Supradyn Weight Smart gebruik. Laasgenoemde behoort ook gewigsverlies aan te help.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement