advertisement
Question
Posted by: Vettie!!! | 2007/05/23

Help asb

Ek het dringend hupl nodig. Ek was die laaste jaar op al wat n dieet is. Nou besef ek ek het n fout gemaak en ek is 10 kg swaarder ek oefen so twee maal per week maar ek weet nie meer wat moet mens eet en wat nie. kan jy dalk vir my n gesonfe eetplan gee waar ek kan gewig verloor asb!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Leserin
Ek kan hoor jy's desperaat en kan dit verstaan. Pleks om gewig te verloor met al die diëte, het jy 10 kg opgetel - dit is nie wat jy beoog het nie. Waarskynlik het die verskillende diëte, die gewigsverliese en gewigstoenames veroorsaak dat jy nou aan 'klimtol-sindroom' ly, wat dit besonder moeilik maak om wel gewig te verloor. Probeer 'n gebalanseerde, lae-vet, hoë-vesel-dieet probeer (kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Right Approach en 'Slimming Diet' vir 'n voorbeeld daarvan) en kombineer dit met daaglikse aërobiese oefening vir 30 min of langer (stap, hardloop, swem (verwarmde swembad nou!), ry fiets, spring tou, sluit aan by 'n gimnasium of Walk for Life), want oefening help vir gewigsverlies, dit lig jou bui en maak jou meer positief oor die hele gewigsverliesproses, en daar is wetenskaplike bewyse dat dit ook persone help om by hulle dieet te hou.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement