advertisement
Question
Posted by: Desperaat | 2006/11/06

Help asb.

Diet Doc

Ek sukkel verskriklik om gewig te verloor. Was vir 2 jr. by Weigh Less en van die 36kg wat ek moet verloor kon ek net 10kg verloor.
Daar het ek nou stil gestaan. My regte eetprogram en oefening ten
spyt. My moraal is so laag. Weet nie wat om te doen of watter
ander program om te probeer nie. Is op medikasie vir hoë bloeddruk en my skildklier. Weet nie of enige vd medikasie dalk `n invloed om my metabolisme of iets het nie. Kan jy dalk `n aanbeveling maak asb ?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Desperaat
Ek kan verstaan dat jy mismoedig is. Dit is moontlik dat die gebrek aan skildklierhormoon bydra tot jou onvermoë om gewig te verloor. Gesels weer met jou dr om seker te maak dat jy die regte dosis Eltroxin ontvang. Enige medikasie kan gewigstoename of -verlies veroorsaak - jy noem nie watter produk jy gebruik nie, dus sal jy self moet kyk in die voubiljet of die apteker vra of hierdie spesifieke medikasie gekoppel is aan gewigstoename. As jy met die dr praat, vra hom/haar om jou ook te toets vir insulienweerstand - dit kan veroorsaak dat jy moeilik gewig verloor en/of meer gewig optel. Indien jy wel aan insulienweerstand ly, is dit noodsaaklik om 'n kliniese dieetkundige te spreek (besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind). Die dieetkundige sal vir jou 'n dieet uitwerk gegrond op die glisemiese indeks (GI) wat moontlik 6 maaltye sal insluit. In die tussentyd hou aan met die oefening want dit is die beste manier om jou metabolisme te stimuleer en insulienweerstand teen te werk.
Hou moed
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement