advertisement
Question
Posted by: Z | 2004/11/10

Help asb !!!

Hallo Doc,

Ek het 'n mantelvliesbreuk te same met gastro-esofageale refluks wat is die regte kosse om te eet want ek is ten minste 25kg oorgewig en wil sommer saam die reg eet ook sommer gewig ook verloor.

Kan jy my help asb

Groete
Z

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Z
Die oorgewig dra by tot kou probleem met die gastro-esofageale refluks, dus sal dit raadsaam wees om gewig te verloor. Suurproduksie in die maag wat in die slukderm opstoot en sooibrand veroorsaak, en ook gastritis wat tot maagswere kan lei, word meestal deur stres en oormatige alkohol of rook veroorsaak. Die reaksie m.b.t. kosse is 'n individuele reaksie - sommige mense reageer op wit brood, ander op bruin brood. Dit is dus 'n goeie idee om 'n kos-dagboek te hou en aan te teken watter kosse en dranke vir JOU probleme gee. Ek vertrou dat jy mediese behandeling ontvang vir jou probleem want daar is deesdae baie goeie middels soos protonpompinhibeerders en teensuurmiddels beskikbaar. Algemeen gesproke sal alkohol, oormatige koffie en tee, gas koeldranke, kosse wat tot winderigheid lei soos rou uie, komkommer, kool, ens en baie skerp kosse wat te veel speserye bevat, bydra tot suur vorming. Slegs sommige persone reageer op kosse wat suur proe soos lemoene of suurlemoene. Indien jy baie gestres is, sal dit raadsaam wees om ontspanningsoefeninge soos joga te doen en meer rus te kry.
Om gewig te verloor, kan jy lae-vet, hoë-vesel dieet probeer (kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'Slimming Diet' vir 'n kopie) en dit met oefening kombineer.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement