advertisement
Question
Posted by: Calorie confused | 2008/01/24

Help

Diet doc

Ek is verward. Ek moet tussen 1200 - 1550 cal. per dag inneem, maar op die webblad van julle staan daar dat mens nie meer cal. moet inneem as wat jy verbrand nie. Hoeveel ure moet mens dan oefen elke dag om nie gewig op te tel nie.
As mens `n uur elke dag stap verbrand mens maar slegs 660 cal.
Help asb.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Kalorie-Verward
Onthou tog dat jy elke dag baie meer energie verbruik om jou liggaamsprosesse aan die gang te hou as wat jy op oefening gaan spandeer tensy jy 'n top atleet is. Algemeen gesproke het volwasse vrouens 2000 cal per dag nodig om hulle gewig te handhaaf. Om gewig te verloor moet die energie-inname met ongeveer 500 cal per dag verminder word, soos ook vir jou gesê is (1550 cal/dag). Mits jy jou energie-inname so verlaag en ook oefening doen soos vir 30 min te stap per dag (330 cal) dan sal die proses van gewigsverlies aan moedig. Gebruik dus jou dieet en doen elke dag 30 min oefening en jy sal gewig verloor.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Help | 2008/01/24

Jy moet onthou jou liggaam gebruik energie (cal.) om aan die gang te bly.... vertering, asemhaling ens, gebruik alles energie. Jy kan erens hier jou BMR uitvind wat vir jou min of meer 'n idee gee hoeveel energie (cal.) jou liggaam gebruik net om aan die gang te bly. Dit is gewoonlik meer as 1200-1550 cal.... daarom word 1200-1550 cal. dieet voorgestel om gewig te verloor want dus is jou energie inname minder as jou energie gebruik, tesame met oefening verbrand jy nog meer van die caloriee.

Reply to Help

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement