advertisement
Question
Posted by: Moedeloos | 2007/06/01

Help

Ek was op Weighless en het 16 Kg verloor - Toe moes ek ongelukkig Bloeddruk medikasie begin neem ( ek glo nie a.g.v. die diet nie - inteendeel hoe minder mens oorgewig is hoe beter vir bloeddruk) Nodeloos om te sê ek het al die 16Kg weer opgetel - Ek het die Weighless program wees begin volg maar kan nie meer as 2Kg verloor. Nou is ek op 'n wipplank. Verloor. tel op, verloor . telop en ek weet dit is sleg vir mens. Wat moet ek maak. My uithonger, dan voel ek sleg of maar aanvaar om oorgewig te wees.
Hoop u kan help - of my 'n voorskrif gee van wat om te eet
Dankie baie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Moedeloos
Jy noem nie watter gewigsverlies medikasie jy gebruik nie. Dus kon ek nie naslaan op gewigstoename 'n newe-effek van hierdie spesifieke produk is nie, maar in die algemeen behoort antihipertensiewe medikasies nie jou gewig te verander nie. Het jy ook teruggegaan na Weigh-Less en hierdie probleem met die raadgewers bespreek? Indien nie, doen dit gerus want hulle sal jou kan sê hoe jy die program moet aanpas om weer gewig te verloor. Die sielkundige onderskraging wat mens ontvang by 'n program soos Weigh-Less kan ook die verskil tussen sukses en mislukking beteken. Keer dus terug en vra die raadgewers vir advies en hulp. Vra ook jou dr watter oefening jy mag doen (bv. stap of swem) en begin om meer aktief te word om jou metabolisme te stimuleer. Maar gesels eers met die dr, sodat jy jou nie ooreis met die verkeerde soort oefening nie.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement