advertisement
Question
Posted by: Morne | 2005/11/17

HELP!!

Beste HeartDoc

Ek het vir dokter baie slegte nuus.

My pa het vandag na my toe gekom en vir my gesê dat hy voel hy oop kaarte met my moet speel, en toe vertel hy vir my dat die kardioloog in werklikheid gesê het dat die feit dat my pa so moeg is hom bietjie pla.

Hy het my pa aangeraai om vir nog ‘n angiogram te gaan so gou as moontlik en het gesê dat dit moontlik is dat die plek waar die aartjie geheg was soort van “platgeval” het toe die bloed deurvloei en dus is my pa so moeg. Hy het gesê dit is die een moontlikheid, maar dat die ander moontlikheid iets te doen het met die kroonaar wat teen ‘n ander een druk of so iets en dus die bloedvloei vertraag.

Dokter, my pa is BAIE goed vir my en gee BAIE om vir my en het gesê hy wou dit ‘n bietjie weerhou omdat hy nie wil hê ek moet onnodig stres gedurende die eksamen nie. Ek is in ‘n emosionele toestand, want dit voel dieselfde as voorheen voor my pa gewag het om na S.A. toe te gaan. Dit voel weer asof my pa ‘n tydbom is wat tik, want hy kan natuurlik enige oomblik weer ‘n aanval kry. Ek is ONTSETTEND baie gestres. Ek kan myself nie indink dat so iets gebeur het nie – die kardiotorakatale chirurg het so ervare en bekwaam gelyk. Ek kan nie verstaan nie.

Dink dokter my pa is in groot gevaar, en behoort ek bekommerd te wees? Ek is werklik waar in ‘n toestand en probeer weereens my pa soos ‘n babatjie oppas om net seker te maak hy is o.k. Ek weet nie of ek moet huil of wat nie – ek kan dit nie nou bekostig nie, want ek is in die middel van eksamens.

Kan dokter asseblief alle moontlike gevare en die bogenoemde situasie deeglik aan my verduidelik. Ek wil so graag gemoedsrus hê. Dit voel weer vir my asof ek my pa enige tyd gaan verloor.

My pa beplan om weer die 9de Desember vir ‘n Angiogram te gaan.

Help net ASSEBLIEF dokter – ek is verlore. Ek is SO bang ek kry ‘n senuwee ineenstorting.

Groete, en ontelbaar baie dankie vir alles.
Morné

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive


Hallo Morné,

Hier moet jy mooi kop hou!! Jou reaksie is heeltemaal verstaanbaar, en die feit dat jy so voel spreek volume uit oor hoeveel jy vit jou Pa omgee. Nou kom die moeilike deel.

Eeerstens wil ek hê dat jy weer my antwoord van 12/11 lees : dit is ‘n opsomming van die moontlike redes. Soos die dokter glo vir Pa verduidelik het, is dit moontlik dat die omleiding toegegaan het op die punt waar hy by die kroonaar aansluit en vasgeheg word. Die idée van kroonare wat teen mekaar druk is onmoontlik, want die kroonare is deel van die hart, en is amper binne die spier self. Maar wat hy miskien bedoel het is dat van die omleidings ( die venes wat uit die been gehaal is) teen mekaar druk. Dit kan gebeur want hulle lê op die hart se oppervlak (buite die hart), en as hulle nie reg gepositioneer word, kan een bo-op die ander lê, en so word een toegedruk. Jy is reg om te dink dat dit Pa in die selfde posisie as voor sy operasie kan laat beland, AS DIT DIE GEVAL IS, MAAR DIT IS NOG NIE BEWYS NIE.

Bottom line: die dokter vermoed dat Pa se hartspier nie genoeg bloed kry nie, en die EKG kan ‘n leidraad gee. As daar tekens ontwikkel het in areas wat vantevore “siek”was, en toe reggemaak was na die operasie, en nou weer siek is, is die kans goed dat daar probleme is met die omleidings. Maar onthou dat daar nuwe (progressiewe) siekte intussen mag ontwikkel het in ander areas van die hart. Die ENIGSTE manier om die diagnose te maak, is om weer ‘n angiogram te laat doen.

Die gevare hiervan is presies soos met sy eerste angiogram, en niks meer nie. Die moontlike uikoms kan wees, onder andere:
• daar geen fout gevind word – dan moet hulle ‘n ander rede vir sy probleme soek
• die omleiding/s is toe – en die behandeling is
o chiriurgies onmoontlik – mediese behandeling word toegepas
o ‘n stent kan ingeplaas word
o her-operasie word aanbeveel
• ander are is verantwoordelik vir die simptome, en behandeling word beplan soos met die tweede scenario bo.

Die angiogram is die enigste uitweg, en ek kan verstan dat julle almal nou onder die stress hiervan ly. As Pa nie ‘n vroeer datum kan kry nie, moet hy probeer om intussen rustig te wees. En julle moet ook – die stress is nie goed vir julle nie, maar julle stress gaan dit erger vir hom ook maak.

Ek sal duim vashou vir julle, en veral met die eksamen. Skryf weer.

Groete,

HeartDoc.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement