advertisement
Question
Posted by: Charlotte | 2011/06/27

Hello

Ek wil graag my vrees met iemand deel, my seun, nou 26 was 10 jaar lank ''n heroin verslaafde maar is sedert 8 jun 2006 skoon, nadat hy massiewe oordosis geneem(seker die 4de een), toe in ICU en ligte breinskade oorgehou het. Hy moes BAIE hard werk om weer op te staan en is vandag stabiel in sy werk en het ''n pragtige vrou, hy het onlangs vir die 1ste keer 1 bier gedrink maar ek was byna dood want ek het angsaanvalle van al die jare se " saamleef"  met sy siekte oorgehou en sukkel ook nou met kompulsiewe obsessiewe gedrag, nagmerries ens. Ek is sooooooo bang hy val weer, hy verseker my oor en oor, maar glo my, once an addict always an addict, alhoewel sy vrou my verseker alles gaan goed. Ek sal my lewe gee vir my kind, hy is nou 27. Ek begrawe hom gereeld in my drome! Het ek meer hulp as hy nodig op die oomblik? Ek dink so, miskien ly ek aan post troumatiese skok, van al die jare se hel?
Dankie dat u geluister het

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageAddictions expert

Geagte Charlotte,

Dankie dat jy jou ervaring oor jou seun se verslaving met ons deel. Dit kon nie maklik vir jou gewees het nie om by te staan en te sien hoe hy sy lewe verwoes. Hy het n bietjie skoontyd opgebou, maar daar is nogsteeds vrees by jou dat hy nie terug val nie. Al wat jy rerig kan doen is om hom te ondersteun in sy herstel. Jou vrees is een wat alle moeders nooit in hulle lewens wil konfronteer nie. Hou ons ingelug oor sy vordering. Ons hou jou in ons gebede en Dankie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Charlotte | 2011/06/28

Baie dankie vir u woorde, ek doen dit beslis en sal altyd daar wees vir hom, dankie vir mense soos julle wat julle ontferm oor die verslaafdes, so min mense daar buite verstaan dat dit wel ''n siekte is en dat verslaafdes ook pasië nte en mense is. Ja hy gaan aan met sy lewe, ek sukkel nog, maar ek sal regkom, hy het my ''n paar jaar by my ouderdom gekos :-) Baie sterkte vir julle met jul goeie werk!

Reply to Charlotte
Posted by: Addictions expert | 2011/06/28

Geagte Charlotte,

Dankie dat jy jou ervaring oor jou seun se verslaving met ons deel. Dit kon nie maklik vir jou gewees het nie om by te staan en te sien hoe hy sy lewe verwoes. Hy het n bietjie skoontyd opgebou, maar daar is nogsteeds vrees by jou dat hy nie terug val nie. Al wat jy rerig kan doen is om hom te ondersteun in sy herstel. Jou vrees is een wat alle moeders nooit in hulle lewens wil konfronteer nie. Hou ons ingelug oor sy vordering. Ons hou jou in ons gebede en Dankie.

Reply to Addictions expert
Posted by: Charlotte | 2011/06/27

Net as byvoeging tot my eerste " post" . Wat sou u sê  is u suksespeil tov. heroin verslawing rehab? My seun se " ex-druggie vriende"  is almal oorlede. Ek wil graag byvoeg dat hy en net hy die besluit kon neem om " skoon"  te bly, slegs dan is die rehab suksesvol en ''n goeie psigiater en ondersteuningsnetwerk help ook, maar die besluit was syne. Ek is regtig trots om te kan sê  my kind LEEF weer, hy was ''n totale wrak vir baie jare.

Reply to Charlotte

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement