advertisement
Question
Posted by: Hennie | 2006/07/16

Heart Spasm

Ek het 2 dae gelede gegaan vir 'n korinere angiogram. Die dokter het vir my gese daar is cholestrol in my are (5.8) en dat ek hart spier spasmas kry. Ek hoop u kan my verduidelik wat beteken dit en wat kan ek daaromtrent doen. Ek is 35 jaar oud 1.88m lank en weeg 128kg. Hoop u kom vinnig terug na my toe.

Baie dankie

Hennie Putter

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive


Hallo Hennie,

Die bewoording “hartspierspasmas” word soms gebruik vir ware angina. Ek weet nie of dit jou kardioloog se bedoeling was nie. Angina is ‘n spesefieke sort borspyn wat veroorsaak word deur die hartspier wat aan ‘n tekort van suurstof ly. Die onderliggende oorsaak van die suurstoftekort is kroonare wat vernou is weens cholesteroldepositos in die wand van die are.

Ek is seker my raad sal klop met wat jou kardioloog gesê het: hou op rook, verloor gewig, hou jou bloeddruk onder beheer, eet gesond, hou jou bloed suiker streng normaal, oefen meer, drink jou anti-cholesterol medikasie. Jou BMI werk uit op 36.215%, wat nie net oorgewig is, maar word geklassifseer as “morbiede obesiteit” – met ander woorde, jou gewig alleen stel jou in groot gevaar vir die ontwikkeling van ander siekte, ( bv suikersiekte)en vir ernstige komplikasies van enige huidige toestand.

Jy moet goed verstaan dat as daar reeds cholesterolaanpaksels in jou kroonare gesien kan word op die angiogram, is daar niks wat jy kan doen om hulle totaal op te los nie. Maar as jy jou dokter se raad noukeuring volg, sal jy darem die proses kan halt, sodat die nie vererger nie. As die vernouings krities word, sal jy ‘n kandidaat wees vir of ‘n stent, of kroonaaromleidingchirurgie, tensy jy ander probleme het wat as kontra-indikasies dien.

Hennie, jy is nog jonk, en het ‘n kans wat selde aan hart-pasiënte gegun word : die diagnose is vroegtydig gemaak en jy het tyd om die proses stop te sit, en ‘n goie kans om ‘n volle, normale lewe te hê. Jy weet nou wat gedoen moet word - doen dit !

Sterkte.

HeartDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement