advertisement
Question
Posted by: Estelle | 2004/12/07

Head tremor

Ek het 'n geweldige head tremor. Die beweging is soos 'n nee kop skud. My linker hand bewe ook soms geweldig. Ek was by my huis dokter wat toe vermoed het dat ek dalk Parkinsons kan he. Hy het my verwys na 'n neuroloog. Die neuroloog het Parkinsons uitgesluit en my thyroid getoets. Die toets was normaal. Ek gebruik tans Pur- Bloka. Hy het my toe verwys om 'n MRI scan te doen, maar ek het nie 'n medies nie en die koste vir die toets is geweldig hoog. Ek voel soms of my brein in my kop ruk en dan is dit asof ek vir 'n oomblik nie weet wat om my aangaan. Dink u dat ek moet bekommerd wees oor dit, kan dit nie dalk net stress verwant wees nie. Ek wil nie graag vir die MRI scan gaan nie, as gevolg van die kostes. Die staats hospitaal kan my eers volgende jaar Junie help. Ek is 36 jaar jonk. Die Pur- Bloka help tog in 'n mate om my kalm te hou maar die tremor is nog daar, dit is net dan nie so opsigtelik nie, maar ek kan dit nog voel.

Ek voel in elk geval dat die dokter nie werklik omgee nie, aangesien hy meer bekommerd was oor die feit dat ek nie 'n medies het as oor die feit dat ek gehelp moet word.

Ek hoor graag van u.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Estelle, dit klink redelik erg van hierdie kant van die skerm af. Waarom kry jy nie ‘n tweede opinie by ‘n ander neuroloog nie? Dis baie goedkoper as ‘n MRI. Jy kan ook die neuroloog vra of hy nie iets kan reel by die hospitaal om jou vinniger in te kry nie. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement