advertisement
Question
Posted by: Francis | 2004/10/07

Hartseer storie - Stillborn

Ek is vanoggend baie hartseer en deurmekaar. Het gisteraand baie slegte nuus gekry. Een van die meisies wie ek ken het Vrydag op kraamverlof gegaan (39 weke) en is gister in hospitaal toe vir induksie. Toe sy daaraan kom het hulle eers al die nodige toetse weer gedoen en ook haar op die masjien gesit om te luister na die baba se hartklop. Hulle kon toe nie die hartklop kry nie. Na klomp dokters het hulle agtergekom die baba is dood. Sy moes toe normaal kraam en het geboorte geskenk aan 'n seuntjie op 40 weke - DOOD!. Ek huil sommer as ek weer daaraan dink en kan nie glo hoe so iets kon gebeur het nie. Alles was nog reg Vrydag en volgens die dokters is die baba Maandag oorlede. Hoe gebeur so iets en hoekom. Ek is 20 weke en het alreeds 'n miskraam gehad en as ek nog deur so iets ook moet gaan sal ek seker myself nooit vergewe nie. Ek is alreeds paranoid oor alles en is vandag skoon naar en voel siek en is net van voor af weer bekommerd oor alles. Die lewe is so kosbaar en mens besef dit eers as so iets met 'n mens gebeur of as jy hoor van iemand met wie dit gebeur het.

Jammer as ek nog mense ontsteld het wat swanger is, maar my hart is so seer en ek moes dit eenvoudig net met ander ook deel en hopelik is daar goeie antwoorde op my vrae sodat ek ook beter kan voel. Ek kan net nie dink hoe sy moet voel met wie dit gebeur het nie. Ek wens so iets nie vir my grootste vyand toe nie en wil ook nooit hê so iets moet met my of iemand naby aan my weer gebeur nie.

Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageGynaeDoc

Your reaction is quite understandable but the reality is that that is an extremely rare situation. The cause could be found out after an autopsy and this may bring some relief to the woman.
I do not think you have to worry and you may want to see someone about counselling to help you through this.
Regular check-ups is reassuring.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

9
Our users say:
Posted by: nameless | 2004/10/08

Yes albert, it is a bit rude from some people to write in afrikaans, but i think it is just because they can express themself better in their own language.

she said that, her friend had a still born and that they do not really know what causes it. she herself is 20 weeks preg and every one is just telling her to calm down and take it easy beacuse it can influence her baby.

Reply to nameless
Posted by: albert | 2004/10/08

Kubuhlungu okwenzeke kumngani wakho nathi sithi shwele, kodwa kumele sicommunicate ngesingisi ngoba kubukhuni kwabanye ukuzwa ukuthi kwenzekani.

Inkosi ikubusise

Reply to albert
Posted by: Marlene | 2004/10/08

Hi Francis

Ek is jammer om van jou vriendin te hoor. Dit het my skoonsus ook gebeur, sy moes vir n keiser gaan die Maandag was net die vorige week by dok. en alles was ok. Sy het agtergekom die baba beweeg nie meer nie by die Saterdag het dadelik dok. toe gegaan en die baba was dood. Ek het die seuntjie gesien nadat hy gebore was en hy het net soos my boet gelyk dit het gelyk asof hy net slaap. Dit was regtig hard op ons almal. Die rede met haar was sy is daai snaakse bloedgroep waar jy vir die inspuiting moet gaan sodra jy geboorte gee en haar vorige swangerskap was n miskraam, sy het nooit vir dit gegaan nie.

Die bloed van haar na die baba het verdik en klonte veroorsaak en so die bloedvloei na die baba gestop. Dit was regtig baie sad.

Ek wens dit op niemand nie. Ek hoop jy voel beter gou.

Reply to Marlene
Posted by: Jojo | 2004/10/08

Dear Francis,

I can't even begin to imagine how your friend must be feeling today or even how you are feeling . There is nothing to say that will ease the pain. Just let her know that you are there for her and please, please keep yourself calm. It's not good for your little angel, so don't put yourself in any more stress. Just try to think positive about your own pregnancy and may God bless you both.

Good luck and be strong. We're all here for you should you wish to chat some more.

Jojo

Reply to Jojo
Posted by: Ella | 2004/10/08

Hi daar

Ek het laas jaar 'n stilborn gehad op 39 weke. Was die Do. nog by die dokter en alles was reg. Die Sat. het die baba nog geskop en die Maandag het ek geweldige pyn ondervind.
Ek is opgeneem vir 'n nood keiser. Toe hulle die toetse doen was daar nie 'n hartklop nie. Hulle se dit lyk of die baba al die Sondag kon gesterf het.

Hulle het toetse na die tyd op die baba gedoen, maar kon niks verkeerd vind nie. Dit was net Moeder Natuur wat sy gang gegaan het.

Alles was reg vir die baba. Al wat moes gebeur het was om te kraam en die baba huis toe te bring. Dit was 'n geweldige skok vir ons.

Maar ek is nou weer swanger. Ek is amper 33 weke en sover gaan alles goed. Ek het geskuif na 'n nuwe dokter wat my op elke moontlik manier monitor. Op 38 weke gaan ons kyk of alles reg is met die baba se longe. En as alles reg is, word ek sommer daai dag opgeneem vir 'n keiser. Ek gaan nie weer die volle termyn dra nie.

Stilborn is 'n geweldige skok vir enigemand. Selfs die vriende om jou. Maar dit is hulle wat jou deur die pyn en lyding dra. Jy moet nou net daar wees vir jou vriendin.

Sterkte.

Ella

Reply to Ella
Posted by: Shirls | 2004/10/08

Hi Francis

Sorrya bout wht happened to your friend. It is indeed a traumatic situation. May God grant her much strength through this very difficult time.

I know that you are heart-sore for your friend but you also need to take care of yourself and not stress too much.

God bless you and your dear friend!

Reply to Shirls
Posted by: Shirls | 2004/10/08

Hi Francis

Sorrya bout wht happened to your friend. It is indeed a traumatic situation. May God grant her much strength through this very difficult time.

I know that you are heart-sore for your friend but you also need to take care of yourself and not stress too much.

God bless you and your dear friend!

Reply to Shirls
Posted by: Kelly | 2004/10/07

Hi Francis

I am so sorry to hear about your friend, it's just so terrible. I don't think that I will be able to live with myself if something like that should ever happen to me. My word, I just can't believe it. Agh shame, you must try to relax hey!
You did the right thing by coming here and telling the story. The ladies here will help you through this difficult time. Tell your friend that we are thinking about her and we will be sending lots of positive energy her way.

A big cyber hug to you and your friend.

Kelly

Reply to Kelly
Posted by: Kippie | 2004/10/07

Ek weet ook van iemand wat so iets oorgekom het - voltermyn. Blykbaar het die plasenta weggeskeur en die bloeding het binne plaasgevind in plaas van buite toe, en dit is hoekom die ma nie agtergekom het iets is fout totdat dit te laat was nie.

Dit is ongelooflik hartseer en kan ons net bid vir mense en die engeltjies wat dit oorkom. Wees rustig want dit is baie ontstellend om sulke nuus te hoor - ek was toe 18 weke swanger toe ek van die persoon se verlies hoor en weet dat dit al is wat ek aan gedink het 24 uur per dag vir 'n hele ruk, en is dit nie goed vir jou baba nie.

Sterkte en bid vir haar!!

Reply to Kippie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement