advertisement
Question
Posted by: barbara | 2005/12/13

hartkloppings vinnig/stadig

My man is 32 jaar oud, is 1,9m lank en weeg 126kg. His is redelik fiks (speel 2x per week squash en 2x gholf). So 8 jaar terug is hy gediagnoseer met sinus-tagikardi en het hy pur-bloka gekry om te drink, maar net as sy hart te vinnig klop. Nou klop sy hart partykeer 30 slae per minuut vir so 'n paar minute en partykeer klop sy hart weer 130 slae per minuut. Hy is ook moeg deesdae waar hy in die verlede baie energie gehad het. Hy was by 'n dokter wat pur-bloka 40mg in die oggend en aand voorgeskryf het. Ek is bang sy hart vergeet net eenvoudig om te klop as dit so stadig klop. Sy pa het 7 broers en hulle het almal al hartomleidings gehad, en my man het dit definitief ge-erf. Ons bly op die paltteland en het nie regtig baie dokters hier nie, en is ook baie ver van hartspesialiste af. Ons mediese skema betaal eers vanaf 1 april 2006 enige hartoperasies uit, omdat ons eers twee jaar daaraan moes behoort voordat my man in aanmerking kon kom vir hartsiektes. Ek wil net weet of daar enige medikasie is wat hy kan gebruik tot ons volgende jaar 'n kardioloog kan gaan sien. Hy kan nie sterk drank drink nie, dan klop sy hart so vinnig. Partykeer as hy na 'n dag se werk op die bank le voor die tv, sal sy hart so stadig klop, en baie hard klop sodat mens eintlik kan sien hoe spring sy hart in sy bors.

Help asb.
Baie dankie by voorbaat.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive


Hallo Barbara,

Dankie vir al die inligting. Om op te som, : jou man, wat ‘n sterk familiegeskiedenis van hartsiekte het, is ernstig en gevaarlik oorgewig ( sy BMI is 34.9%) ; hy is reeds op ‘n hoe dosis beta blockers maar het nog steeds ‘n wisselende hartspoed; hy bly moeg.

Sy moegheid kan miskien toegeskryf word aan die medikasie, wat dikwels hierdie probleem veroorsaak. Maar met sy gewig en familiegeskiedenis, het hy ‘n uiters hoe risiko van onderliggende hartsiektes, so ‘n mens moet nie alles net somer aan die medikasie toeskryf nie, en van die moontlikheid van hartsiekte vergeet nie.

Barbara, daar is geen ander uitweg vir hom – hy moet eenvouding by ‘n kardioloog uitkom. Al betaal jou fonds nie vir operasies voor April 2006, sal hulle seker vir konsultasies betaal. Sy medikasie help eintlik nie, en maak hom net moeg, so dit moet deur ‘n spesialis hersien word. As hy ook hoe bloeddruk het, moet hy asseblief NIE die Purbloka self staak nie – dit sal net sy risiko meer verhoog. Maar daar is tog een ding wat hy intussen kan doen, en dit is om ernstig gewig to verloor. Daaroor het hy tog beheer, en hoef vir niemand te wag nie.

Dit is altyd moeilik as ‘n mens ver van mediese dienste bly, en ek verstaan julle probleem ivm die mediese fonds. Probeer dus om die gewig onder beheer te kry, en om ‘n kardioloog te raadpleeg sou gou moontlik.

Sterkte. Ek hoop dinge verbeter gou.

HeartDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement