advertisement
Question
Posted by: amour | 2005/07/01

Hartkloppings & alkohol

Ek drink elke aand 3 glase droë rooiwyn. Het die wyn enigiets daarmee te doen dat ek elke oggend tussen 1uur en 3uur wakker word van geweldige hartkloppings? Is hartkloppings vir 'n mens gevaarlik en indien wel hoekom? Wat kan 'n mens doen as jy die ongemak van hartkloppings ervaar?

Ek is topfiks - 3 tot 4 kardio sessies 'n week en dan oefen ek ook nog met gewigte...

Ek oefen met 'n hart monitor en gaan nooit oor die maksimum hartklop per minuut vir my ouderdom nie. (Alhoewel en gereeld baie naby aan maksimum kom) Oordoen ek dit nie dalk met die oefeninge nie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive

Beste Amour,

Jou alcohol inname is hoog, en jy behoort aandag daaraan te gee. Dit mag niks te doen hê met die hartkloppings nie, maar jy sal nie kan sê voordat jy jou inname afbring, en die effek meet nie.

Daar is verskillende soorte hartkloppings, en van hulle is onskadelik, maar ander moet behandel word. Daar is ‘n sindroom wat onder fiks atlete voorkom, wat definitief ondersoek en behandel moet word, omdat dit gevaarlik kan wees.

Ek raai u sterk aan om ‘n kardioloog te spreek, vir die nodige toetse. Sterkte.

HeartDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement