advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2008/01/02

Hartkloppings

Hi dok! Baie welkom terug :) Voorspoed vir 2008.

Ek gaan 'n nuwe jaar in, met ou probleme... die laaste 3 nagte word ek 'n paar keer wakker gemaak deur HART KLOPPINGS. Ek gebruik nie enige medikasie nie en drink nie koffie of iets voor ek gaan slaap nie.

Hierdie hartkloppings versteur net my nagrus en ek sukkel daarna om aan die slaap te raak en voel asof ek nie lekker kan asem haal nie.

Ek vind nogsteeds dat my pols onreëlmatig is gedurende die dag, maar terwyl ek hierdie hartkloppings kry is my pols ongeveer 120, maar reëlmatig.

Ek het nie meer 'n voorskrif vir beta-blokkers nie (aangesien ek mos die Ablasie gehad het) en die "miss beats en ekstra beats" deur die dag pla my nie, maar die hartkloppings laat my benoud, bang en dan is ek moeg gedurende die dag omdat ek nie deur die nag slaap in kry nie.

Help asb.!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Wens ek kon goeie nuus gee maar:
"palpitations, including palpitations reminiscent of preablation symptoms, are common following radiofrequency ablation and often do not predict pathway recurrence. Repeat electrophysiological testing is frequently required to document long-term success of radiofrequency ablation for supraventricular tachycardia in patients with recurrence of major symptoms." Pacing and Clinical Electrophysiology Volume 16 Issue 8 Page 1645-1649, August 1993

Volgens die artikels is 'n opvolg in omtrent 30 -60% van pasiente met persisterende hartkloppings nodig, so ek dink jy moet die ablasie beskou as 'n deel van die behandeling maar dalk nie die finale behandeling nie! 25% van pasiente benodig 'n tweede ablasie (http://www.emedicine.com/med/topic2957.htm)

Wanneer sien jy weer jou kardioloog?
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement