advertisement
Question
Posted by: Misty | 2006/04/20

Hartkloppings

Ek sukkel van tyd tot tyd met hartkloppings. Dit voel of my hart heeltemal sy ritme verloor en weghardloop. Die probleem is dat dit net so vinnig weggaan as wat dit begin het. Voor ek daaraan dink om dokter toe te ry stop dit weer. As ek op my linker sy gaan lê herstel die ritme ook vinniger, maar as dit in die aande gebeur vat dit soms langer. Met rukke raak ek duiselig en voel kortasem nadat die ritme weer herstel het. As daar enigsins 'n probleem is sal iemand dit kan optel met 'n EKG terwyl daar nie hartkloppings is nie? Ek raak bang as dit gebeur

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive


Hallo Misty,

Ja, jy mag wel ‘n belangrike ritme-steurnis hé. Die feit dat jy kortasem voel en duiselig word, is baie betekenisvolle inligting.

Die probleem word deur ‘n kardioloog ondersoek – let asb wel, dat met jou simptome, dit nie meer ‘n saak vir ‘n GP is nie. Jy sal spesiale toetse moet ondergaan (niks pynlik nie) om die regte diagnose te maak, en net kardioloe het hierdie toerusting, en opleiding om die toets-resultate te interpreteer.

Vra jou dokter om jou na ‘n kardioloog te verwys. Moet asb nie lank wag nie : wat sou gebeur as jy duiselig word terwyl jy ‘n motor bestuur ?

‘n Kardioloog sal jou vinnig kan help. Sterkte.

HeartDoc.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement