advertisement
Question
Posted by: Thora | 2005/12/02

hartkloppings

My man het een nag wakker geword en het pyn in bors gehad. Ons is hospitaal toe en hy is opgeneem met hartklop van 177pm
vir een volle nag en die oggend nadat hy ’n koppie koffie gedrink het het die hartklop teruggegaan na normaal. Van toe af as hy meer as drie drankies drink gaan sy hart weer op ’n galop, hy drink dan weer koffie en dan word dit beter. Hy was by kardioloog en angigram is gedoen en are lyk baie gesond. O,ja hy is 55 jaar oud. Hy drink ook Lipitor vir 1 jaar al om cholestrol van 8 af te bring. Hy ly ook aan aambeie en drink ’n pergeermiddel elke dag. Ek wonder net of hy nie dalk ’n kalium te kort kan hê
nie Moet mens bloedtoetse doen om dit vas te stel?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive

Beste Thora,

Bloedtoetse sal gou wys of daar ‘n kalium-tekort is of nie. Ek is seker dat die toets sou gedoen word ten tye van sy opname in die hospital. Daar is ‘n algemeen bekende assosiasie tussen kalium en polsslag in sekere pasiente op hartmedikasie.

Dit is vir my snaaks dat koffie jou man se pols stadiger laat klop het: koffie het die teenoorgestelde effek gewoonlik, want die bevat stimulante.

Ek kan nie die toestand verklaar nie, so miskien moet jy tog terug na die kardioloog gaan en met hom die kalium toets bespreek.

HeartDoc.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement