advertisement
Question
Posted by: Morne | 2005/07/06

Hart wat stadig klop

Ek skryf die brief namens my ma.
Sy het probleme met bloedsomloop, die hart pomp die bloed na die voete, maar die hart is nie sterk genoeg om die bloed weer terug te pomp nie.

Sy is gedurig baie moeg, (sy kan nie eers 10 meter loop nie sonder om te hyg na asem nie). 'n Slagaar seer “Ulcer” het gevorm op die enkel en wil nie gesond word nie in teen deel dit word groter en `n tweede een is besig om te vorm.

Die dokters het salf (Flammazine) en antibiotika voor geskryf maar help nie.
Alle hulp word waardeer
Groete
Morné

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive

Beste Morne,

Jou Ma het wel ‘n groot probleem. Eintlik, klink dit asof sy twee probleme het. 1. Hartprobleme, met ‘n mate van hartversaking 2.Die slagaar ulcer : dìe probleem ontstaan gewoonlik weens slegte perifêre perfusie. Dit kan toegeskryf word aan of die swak pomp (die hart), of aan aparte perifêre bloedvatsiekte, waar die are self aangetas is. As die sirkulasie so swak is, kan daar nie genoeg suurstof na die weefsels afgelewer word nie. Dit gebeur gewoonlik in die bene en voete. Voete en enkels word geswel, die vel word donkerder, breek af, en ‘n ulkus ontstaan. Hierdie ulkus word veroorsaak dus deur die slege sirkulasie, en dit is juis die slegte sirkulasie wat verhoed dat dit weer gesond word. Met die verminderde bloedvloie, is dit ook moeilik om infeksie te keer. Hierdie tipe probleme kom dikwels voor in diabete.

Die beste sal wees om jou Ma by ‘n Vaskulêre chirurg ‘n afspraak te kry. Hulle is die experts in hierdie tipe probleem, en sal kan sê of daar enige raad is om die bloedsomloop na die ulkus te verbeter. Daar mag ‘’n operasie wees wat sal help. Die chirurg sal dan ook vir julle ‘n idée kan gee van jou Ma se hat-probleme, en miskien ook ‘n verwysing reel na ‘n kardioloog. Daar kan ook getoets word vir suikersiekte.

Sterkte.

HeartDoc.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement