advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2008/01/09

Hart klop nie reg nie

Hi doc.

Alweer ekke :)

Ek is al raadop en sal met liefde enige Depressie of anti-stress medisyne begin drink as Dok, aan die einde van die vraag dink ek het net Depressie/angs simptome.

My hart klop nie reg nie. Ek het weer Sotacor en Florinef by GP gekry, maar ek moet dit nie kronies drink nie, want my BP val tot 80/60 en dan voel ek regtig sleg.

1. Elke dag word ek wakker en is energie loos. Nie vaak nie, dit voel net asof my spiere lam is en nie wil lekker saam werk nie. Ek drink daagliks MINAMINO, het BMI van 27, maar ek eet gesond (ontbyt: All Bran, later 'n vrug, middagete: volgraan brood met komkommer, tamatie Vanaand: vleis, slaai, groente.)
2. Ek het permanent 'n hoofpyn wat nie met Compral wil weggaan nie. Hoofpyn sit tussen my oë en op my slape.
3. As ek kort entjies stap, kry ek hart kloppings en hart klop nogsteeds die helfde van die dag onreëlmatig. Selfs terwyl ek urineer kry ek die hart kloppings!
4. Ek kry nogsteeds aan en af (met rus) 'n branderigheid tussen my borste, wat net 'n paar sekondes duur en dan self weg gaan.

Ek was Des. vir bloedtoetse en al wat GP kon kry was lae yster, maar dis nou weer reg, maar ek voel nogsteeds dieselfde.

Ek het regtig nie 'n stressvolle werk nie en is volgens my 'n opgewekte, gelukkige mens. Die enigste rede tot depressie: die konstante energie-loosheid en my hart wat nie normaal klop nie.

Dink dok ek het net 'n goeie "kannie-worry" nodig of moet ek maar vroeer as Maart 2008 na my Kardioloog gaan?

Baie dankie :)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
As ek jy was sou ek dalk al bietjie depressief en moedeloos gevoel het met die konstante simptome want dit laat jou duidelik goor voel! Ek dink egter nie jy verbeel jou jou fisiese simptome nie, en ek voel jou artimie is nog nie onder beheer nie. Jy kan dalk te lig slaap omdat jy dalk hartkloppings in die nag kry en mens sal van nature angstig word deur die dag as dit gebeur omdat dit regtig 'n onaangename gevoel is. So: Nee ek dink nie jy is depressief of kry angsaanvalle nie! Kyk of jy nie jou kardioloog vroeer kan sien nie - vra hom of jy nie intussen 'n holter ekg kan dra sodat hy kan sien wat oor 'n periode van 24 of 48 uur aangaan nie?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: mike | 2013/08/22

Hi het jy al iets van jou uitgevind wat vout was? Ek het dieselfde probleem en warry kontak my asb by 0711175737

Reply to mike
Posted by: kerie | 2009/03/16

My child ways 60kg hight 1.81m [sportsman]
needs to gain 4kg? 15years old

Reply to kerie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement