advertisement
Question
Posted by: Johan van Rensburg | 2005/12/12

" Hart aanval " sonder dat ek dit weet??

Dr
Ek het vandag my Gp besoek dit was nav seer elemboe en styf en moegheid, ek is 45 ovv volgende verjaardag en het n swak fam gesk oor fatale hart aanvalle.

My Gp ondersoek Jig maar se ons moet ook sommer n Ekg en vastende Cholestrol doen, my bloedruk was 120/80

Hy fax toe my EKG na n kardioloog en die Kar. laat weet terug dat my ekg toon dat ek moontlik n klein"hart aanval" kon gehad het sonder dat ek dit geweet het.

Dr is so iets moontlik? ek ry fiets en is besig om voor te be ry vir die Argus, behalwe dat ek styf in en effens lae rugpyn het gaan ek aan ...
Hoe moet op dit reageer ek sien more 13/12/2005 my Gp weer

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive


Hallo Johan,

Daar bestaan wel die toestand van die “silent infarct” - die klein hart-aanvalletjie. Onthou dat wat bekend staan as ‘n hartaanval nie altyd die dramatiese toestand is van erge borskaspyn, die pasient wat kollabeer, ens. Die stille aanval gebeur dikwels onder diabete, wie nie angina ervaar soos ander mense nie, en hulle kan dus hartaanvalle hê sonder om dit as klassieke hartaanvalle te ervaar.

Die EKG diagnose van “hartaanval” word gemaak wanneer daar EKG tekens is van dooie hartspier. Die spier kan in sy volle dikte (van binnekant na buite) dood wees, of dit kan soms net die binnekant se laag van die hart spier oor 'n area affekteer. Die spier gaan dood omdat daar ‘n obstruksie ontstaan in die kroonaar wat daardie area van spier van bloed en suurstof moet voorsien.

Met jou familie geskeidenis van hart probleme sou ek jou aanraai om by ‘n kardioloog ‘n volle hart-ondersoek te ondergaan voordat jy die Argus ry. Jou GP sal dit kan reel.

Ek hoop dat die kardioloog jou gesond verklaar, en dat jy die Argus wel ry en jou beste tyd ooit bereik.

Sterkte.

HeartDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement