advertisement
Question
Posted by: Dowwe Dolla | 2007/12/15

GROOT FOUT!

Huisvrou, 44jr oud, 60kg, oefen 4-5 p.w., nie roker, gesond. Was nog altyd 'n dromer en baie lui. Deesdae toestand erger - geen energie, wil net slaap, kan nie konsentreer, maak nalatige foute, voel af, huilerig, kort van draad, geen belangstelling nie, lus vir niks, maak niks klaar nie, kan nie prioritiseer nie, vat hier en los daar. Eenvoudige take soos kosmaak, maak my kop deurmekaar. Voel of alles is net te veel raak vir my. Kan hormone 'n rol speel, of is ek aandagafleibaar of depressief? Cyber Shrink met verlof en kan nie wag tot 18 Des. wanneer hy terug is nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dowwe Dolla

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Ek stel voor dat jy 'n dokter besoek om bloedtoetse te doen, om sodoende vas te stel wat die rede vir jou simptomes is en enige patologiese rede uit te skakel. Dit klink ook egter asof jy depressief is en sal baat met 'n anti-depressant as behandeling.

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Net 'n vriendin | 2007/12/15

Niks fout met jou Afrikaans nie. Baie dankie vir jou briefie. Ek het nagelaat om te se ek was by 'n gynae in Maart en het al die toetse laat doen, maar hy kon niks verkeerd kry nie. Dit maak my nogal bekommerd...

Reply to Net 'n vriendin
Posted by: Weer net n vriendin... | 2007/12/15

Jammer - het vergeet. Dalk ook n goei ding dat jou dokter jou thyroid laat ondersoek. Party vroue het probleme met hul skildklier en dit kan ook jou simptome veroorsaak - my skoon suster het al die lus vir die lewe verloor toen blyk dit dat haar thryroid baie stadig gewerk het...met medikasie is sy nou weer lewendig!

Reply to Weer net n vriendin...
Posted by: Net n vriendin | 2007/12/15

Jammer, my Afrikaans is nie te goed...Het jy jou al laat toets om te sien of jy dalk in early menopause is? Ek het die selfde simptome gegry toe ek maar 43 was en my huisarts het bloed toetse gedoen en toe blyk dit dat ek al in 'peri-menopause' was. Al het my doktor my op medikasie gesit teen die tyd dat ek 45 was - was ek al in volle menopause.

As jou bloed toetse geen perimenopause wys dan is jy dalk depressief en is dit mieskien n goeie idee om dit met jou dokter hieroor te praat.

Hoop dit help om van iemand te hoor wat die selfde probleem gehad het. :-)

Reply to Net n vriendin

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement